Stomgeslaan oor geen toetse vir ingeu00ebntes
Stomgeslaan oor geen toetse vir ingeu00ebntes

Stomgeslaan oor geen toetse vir ingeëntes

Mandy Rittmann
MANIE VAN BETHANIE SKRYF:

Na aanleiding van die berig op die voorblad van Vrydag se Republikein waarin vermeld word, dat terugkerende Namibiërs met inentingsertifikate nie meer nodig het om ’n negatiewe PCR-toets te voorsien nie. Eers het ek gedink dit moet of fopnuus, of ’n Aprilgrap wees, maar ek het die agbare minister se toespraak nageslaan en sowaar daar staan dit swart op wit!

In dieselfde toespraak verwys die minister daarna dat mense wat ingeënt is teen die virus nog steeds die virus kan opdoen en steeds ander mense kan aansteek. Hierdie feit word daagliks ook in die infeksiegetalle soos deur die minister voorsien, weerspïeel, en die daaglikse infeksies in Europa is ook ’n duidelike toonbeeld hiervan. Dit is ook al wêrelwyd bewys, dat meeste van die inentings na sowat vyf maande dramaties begin taan waarop jy ’n sogenaamde “booster” moet kry om weer effektief te wees. So, wat die minister vir ons wil sê is dat Namibiërs met inentingsertifikate maar net deur die grensposte kan kom al het hy ook die virus onder lede? Dat sodanige persone ook toegelaat moet word om op vliegtuie na Namibië te reis saam met die ander gesonde passasiers en hulle maar net links en regs kan aansteek?

Beteken dit daar ’n verskil is in die virus wat deur terugkerende Namibiërs met inentingsertifikate gedra word, teenoor die virus wat gedra word deur mense wat nie ingeënt is nie? Die virus verskil dan ook by Namibiese burgers en buitelanders? Beteken dit twee dosisse van die inenting maak jou bestand teen die virus, al is dit al langer as vyf maande gelede toegedien? Daar is geen logika in hierdie tipe redenasie nie en is hierdie regulasie eintlik besig om ’n groot grap van die Namibiese regering te maak.

Dit is dieselfde regering wat wil hê die mense moet hulle vertrou met hul gesondheid. Nee regtig, as dit die regering is wat wil hê almal moet ingeënt word om jou geliefdes en die mense om jou te beskerm, maar hulle het geen probleem daarmee dat ’n persoon wat moontlik die siekte dra, saam met jou op ’n vliegtuig klim en jou aansteek nie, dan weet ek nie meer so mooi nie. Ek sal maar my eie in diepte-navorsing doen en self besluit wat fopnuus is en wat nie – al walg dit ook die agbare minister.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!