Stompneusdolfyne meer bedreig as woestynleeus
Nog navorsing is nodig om dié spesie op die internasionale rooilys vir bedreigde spesies te plaas.
Tanja Bause - Die stompneusdolfyne (Tursiops truncatus) wat langs die sentrale kus van Namibië voorkom, is heel moontlik die kleinste bevolking van Setaseë (walvisagtiges) en soogdiere in Namibië en suidelike Afrika.
Daar is minder as 100 van dié dolfyne oor.
Dit is minder as die geskatte 139 woestynaangepaste leeus en 894 wildehonde wat in Namibië voorkom.
Dié feite het aan die lig gekom uit navorsing van mnr. Simon Elwen, en mee. Ruth Leeney en Tess Gridley van die Namibian Dolphin Project, wat tussen 2008 en 2012 gedoen is.
“Die algemene stompneusdolfyn wat in Namibië se waters voorkom, is geïsoleer en uniek. Talle bedreigings staar dié bevolking in die gesig, soos toeristebote, die uitbreiding van die hawe en die mossel- en oester-akwakultuur – veral op Walvisbaai,” lui die navorsingsverslag.
Daarvolgens is die hoogste getalle in die eerste en laaste jaar van die studie aangeteken, met 74 tot 82 dolfyne in 2008 en 76 tot 77 in 2012.
Die enigste ander beskikbare data kom van ’n onvolledige studie wat in die vroeë 1990’s gedoen is. Volgens dié studie het die bevolking uit tussen 100 en 150 dolfyne bestaan.
“’n Bevolking van minder as 100 individue is baie klein en ver onder die drumpel van 250 volwasse individue, wat deur die Internasionale Unie vir natuurbewaring (IUCN) se rooilys saam met ander aanwysers gebruik word om 'n bevolking as bedreig te definieer.”
Diere wat afgesonder is van soortgelyke spesies loop die grootste risiko van uitwissing.
Die algemene stompneusdolfyn word wêreldwyd geklassifiseer as ’n spesie wat die minste kommer wek, wat die IUCN se rooilys van bedreigde spesies betref.
Nietemin is baie klein kusbevolkings van dié dolfyne aangeteken en die uniekheid en waarde van die bevolkings, sowel as hul rol in die plaaslike omgewing word toenemend erken.
Baie van die bevolkings toon genetiese en gedragseienskappe wat van ander bevolkings van dieselfde spesie verskil.
Gevolglik is verskeie klein, geïsoleerde bevolkings volgens die IUCN-rooilys se vereistes kwesbaar of kritiek bedreig.
Stompneusdolfyne in Namibiese waters vorm ’n klein, geïsoleerde bevolking wat beperk is tot die sentrale kus se vlak water.
Hulle kom vir ongeveer 250 km tussen Sandvishawe en Kaapkruis voor.
Dié spesie is so ver as Lüderitz, sowat 400 km suid en Möwebaai, sowat 400 km noord van Walvisbaai, in geïsoleerde gevalle waargeneem.
“Die feit dat geen bekende kusbevolkings van hierdie spesie suid van Lüderitz, of langs die suidoostelike kus van Afrika voorkom nie, ondersteun die idee dat die Namibiese bevolking geïsoleer is. Hul habitat is ’n smal strook van die sentrale kuslyn, wat sowat 30 m diep is.”
Dit is die enigste bekende bevolking van algemene stompneusdolfyne in Suider-Afrika (wat Namibië, Suid-Afrika en Mosambiek insluit).
Die ander bevolking van dieselfde spesie kom in die waters van die suide van Angola voor, sowat 800 km vanwaar die studie gedoen is.
“Dié bevolking is kwesbaar vir menslike impak, wat in die streek toeneem, omdat hy klein en geïsoleerd is.
“Ons beveel sterk aan dat navorsing en monitering van die bevolking voortgesit word en dat bykomende data vir formele evaluering volgens die IUCN-rooilys so vinnig as moontlik ingewin word. Dit sodat ’n rooilys-evaluering gedoen kan word as eerste stap na ’n meer formele erkenning van dié unieke bevolking,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie