'Stop onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord'
Ovaherero- en Nama-gemeenskappe sê die huidige onderhandelinge tussen die Namibiese en Duitse regerings het nie genoeg integriteit om die nodige vergoedingsmaatreëls teweeg te bring nie.
Catherine Sasman
Die opperhoof van die Ovaherero, adv. Vekuii Rukoro, het erken die Namibiese regering is bereid om sy benadering tot die bilaterale volksmoord-onderhandelings met die Duitse regering te hersien.
Rukuro het ná ''n onlangse informele vergadering met pres. Hage Geingob gesê hy het rede om te glo die Namibiese regering is bereid om ''n ommekeer te oorweeg oor die wyse waarop die onderhandelinge tans gevoer word.
Hy beweer meer as 90% van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe – diegene wat direk deur genl. Luther von Trotha se uitwissingsbevel geraak is – deur hom as opperhoof van die Ovaherero asook deur die Nama Tegniese Komitee verteenwoordig wil wees.
Rukoro het gesê die huidige Namibiese onderhandelingspan bestaan onder andere uit twee kleiner groepe Ovaherero''s en Namas wat met die regering “saamwerk” en die regering se voorwaardes aanvaar “om nie namens hulself te praat of om direk aan die onderhandelinge” deel te neem nie.
“Hulle is gekoöpteerde tradisionele leiers wat deel is van tradisionele koninklike huise wat stamme en familielede en nie die breër volk verteenwoordig nie. Met alle respek gesê, het hulle dalk 5% se steun onder die Ovaherero''s; op die meeste 2% of 3% onder die Namas,” het Rukoro einde verlede week tydens ''n mediakonferensie in Berlyn, Duitsland, gesê.
Me. Ida Hoffmann van die Nama Tegniese Komitee – wat na haarself as die “stigtersmoeder van die Nama volksmoord-onderhandelings” verwys – het gewag gemaak van die mosie van 2006 wat wyle Ovaherero-opperhoof Kuaima Riruako ter tafel gelê was. Dit was eenparig deur die parlement goedgekeur naamlik dat besprekings tussen die betrokke gemeenskappe en die Duitse regering moet plaasvind terwyl die Namibiese regering slegs ''n bemiddelaarsrol sal speel.
Riruako se mosie erken die volksmoord wat deur Duitse soldate gepleeg is en ondersteun eise deur die geraakte gemeenskappe vir materiële vergoeding deur die Duitse regering.
“Ons volstaan met daardie standpunt; niks het verander nie. As die regering ''ja'' vir die resolusie gestem het, dan moet dit ''ja'' wees,” het Hoffmann gesê.
Die tradisionele leier, Moses Kooper van die Namas, het gesê Namibië se huidige posisie oor die onderhandelings het “geen integriteit” om die “gepaste vergoedingsmaatreëls” te beding nie.
Die mediakonferensie in Berlyn is deur die Linkse Party gereël wat eis dat die Duitse regering ''n drieparty-dialoog tussen die afstammelinge van die slagoffers van die volksmoord en die twee regerings moet hou.
“Alle kwessies moet openlik onderhandel word met die deelname van die slagoffers se verteenwoordigers. Dit sluit uitdruklik die onderwerp van vergoeding in,” het me. Niema Movassat van die Linkse Party gesê,
VERSKONING NIE GENOEG
Rukoro het by dieselfde mediakonferensie beklemtoon dat ''n verskoning vir die volksmoord deur die Duitse regering nie genoeg is nie, en gesê dat vergoeding nie aan individue gemaak moet word nie, maar aan gemeenskappe wat daardeur geraak is.
Die Duitse regering het in die verlede die moontlikheid van vergoedingsuitbetalings uitgesluit – ''n besluit wat Rukoro meen die Duitse belastingbetalers moet verwerp “omdat dit nie net die intelligensie van Namibiërs en afstammelinge van die slagoffers beledig nie, maar ook dié van Afrikane en die mensdom in sy geheel”.
“Net omdat ons ''n ander velkleur het, sê die Duitse regering dit is net ''n verskoning werd en die res is ''tjekboek diplomasie'' deur ons regering, wat eintlik maar ''n Derde Wêreldse regering is wat ontwikkelingsbystand kan kry, plus nog so ''n 5% daarby en dan moet ons ons monde hou.
“Raai wat, die Ovaherero en Nama, die slagoffers van die volksmoord, sal dit nie eens in nóg ''n 100 jaar aanvaar nie. Ons oorlog duur voort. Ons eise sal eenvoudig progressief toeneem,” het Rukoro gesê.
Die twee groepe het gesê vergoeding moet deel wees van die onderhandelde herstellende geregtigheid omdat die volksmoord armoede vir geslagte lank geskep het wat vandag nog voortsleep. Daarby sê hulle omdat hul getalle weens die volksmoord uitgedun is, word hulle vandag as ''n minderheidsgroep deur die Namibiese regering behandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie