Stories ernstig rmet lesse
Stories ernstig rmet lesse

Stories ernstig met lesse

Karin Eloff
Hierdie bundel met 28 kortverhale is vir hoërskoolkinders geskryf deur bekende en minder bekende skrywers.

Van die bekende jeugskrywers is Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Jaco Jacobs en Leon de Villiers, wat vir die branderryboek Die pro verantwoordelik was.

Ander bekendes, soos die akteur Christo Davids, die digter Nathan Trantraal en die rapper Hemel­Besem het ook stories bygedra.

Ek het nie van die verhale gehou wat outydse Afrikaans gebruik het en wat glad nie klink soos wat kinders deesdae praat nie. Daar is egter verhale waarmee tieners hulself kan vereenselwig, soos “Sestien” deur Nelia Engelbrecht, “Grein” deur Viljoen en “Johnny Hollywood” deur Davids.

Een van my gunstelinge was “Sestien”, 'n verhaal oor 'n meisie wat nuut is by 'n skoolkoshuis en graag deel van 'n sekere groep wil wees.

Dinge verloop egter nie so maklik nie en sy moet haarself bewys voordat sy deel van die groep kan word.

“Grein” gaan oor 'n seun wie se ma weg is, en die verhouding tussen hom en sy pa. Die pa probeer sy verhouding met die seun opbou deur saam 'n meubelstuk te restoureer, maar die seun, wat aan die rekenaarspele­tjie World of Warcraft verslaaf is, het nie die vaardighede om sy pa te help nie. Deur die verhaal bou hulle egter aan hul verhouding. Die storie gee 'n mens hoop en wys dat 'n mens soms die onmoontlike te bowe kan kom.

“Johnny Hollywood” gaan oor die verhouding tussen twee seuns wat mekaar van laerskooldae af ken en beste vriende was. In die hoërskool het Johnny egter die skool verlaat omdat dit nie vir hom belangrik was nie en by dwelms en dobbel betrokke geraak. Hy help wel later sy vriend om sy drome waar te maak en 'n ­onderwyser te word.

Die meeste van die stories is ­ernstiger as wat ek verwag het, en hoewel daar stories met humor in is, is die meeste liefdesverhale en verhale oor misdaad en hartseer.

Dit is nie noodwendig 'n slegte ding nie, aangesien die verhale in die boek almal 'n les het om die leser te leer.

Soos in Eldridge Jason se “Somme wat nie uitwerk nie”, wat waarsku teen tienerswangerskappe, en Mar­lene Smit se “Eendag is eendag”, wat jou leer om in jouself te glo en nie nee te sê vir geleenthede wat oor jou pad kom nie.

Die titel van die boek kan misleidend wees en jy kan dalk dink dat ál die stories oor die see gaan, maar dit is nie so nie.

Dit verander egter niks aan die feit dat sommige van die verhale goed genoeg is om in voorgeskrewe hoërskoolboeke of -eksamens gebruik te word nie. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!