Stories van eerste nasies in animasiereeks vertel
Stories van eerste nasies in animasiereeks vertel

Stories van eerste nasies in animasiereeks vertel

Yandi Du Plessis
’n Gebrek aan stories oor die eerste inheemse nasies van Suider-Afrika, veral die Khoena-bevolking, het die skrywer en regisseur Deidré Jantjies aangespoor om aan die werk te spring en dit self te vertel.

Jantjies het saam met ’n kreatiewe span die animasie-webreeks Stories in die wind geskryf en geregisseer. Dit bestaan uit vyf episodes van sowat drie minute elk. Die eerste episode is onlangs op die Vrystaat Kunstefees se digitale platform, Snelstroom, bekend gestel. ’n Nuwe episode sal elke week gratis op storiesindiewind.co.za uitgereik word.

“Die eerste storie in die reeks handel oor !hûni //gares (Die Reënblom), ’n Nama-meisie wat met ’n gawe gebore is om met die reën te praat,” vertel Jantjies.

“Met die ondersteuning van een van die Namas se wyse vroue, gaan die meisie op ’n reis om haar stam se grond te red wat onder droogte gebuk gaan.”

Jantjies sê sy het in 2018 begin skryf aan die reeks en besluit om die eerste verhaal op Nama-geskiedenis te fokus nadat sy die dokumentêr The Nama People of Richtersveld gekyk het. Die idee het vlerke gekry nadat dit nie net deur die Programme for Innovation, Artform and Development (Piad) ondersteun is nie, maar ook nadat Jantjies ontdek het haar buurvrou se suster, die 74-jarige Ouma Katrina Gouws, is ’n Nama-spreker. Jantjies het onderhoude met Gouws gevoer en opgeneem, en dit saam met Stories in die wind uitgereik om stelselmatig ’n argief vol erfenisstories te bou.

Sy sê sy wou met die animasiereeks iets skep wat heeltemal “anders” is, geheel en al ongesiens, iets waarby talle Suider-Afrikaners kan aanklank vind en waarin hulle hulself kan sien. Sy het daarom juis gekies om dié stories deur animasie te vertel, ondanks die feit dat animasieprojekte tyd neem, duur is en finansiering daarvoor byna onbekombaar is.

“Dié werk verteenwoordig my styl van storie vertel. Stories uit die Nama-kultuur word nooit uitgesaai nie. Ek wil mense se denkrigtings ‘verinheems’ en hulle weer verbind aan hul erfenis en oorsprong.

“Dit is ook waarom ek die storie deur animasie wou vertel. Animasie laat ’n mens toe om subtiel met jong en ouer generasies te kommunikeer. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie – jy kan hierby aanklank vind.”

Die reeks is deur Dav Andrew geteken en hy en Clinton Jones het dit geanimeer. Garth Erasmus het die musiek geskryf.

Die Afrikaanse teks, wat Jantjies geskryf en self voorgelees het, is deur Dina Christiaan in Nama vertaal en in onderskrifte saam met elke episode uitgereik.

“Toe ek met Dav begin gesels oor die animasie, het hy my die idee gegee om Nama-onderskrifte by te sit, wat absoluut sin gemaak het.

“Dit is die eerste animasie wat met Nama-onderskrifte uitgereik word, en dit is ook die eerste animasie-storie in Afrika wat fokus op eerste nasies. Ons maak dus geskiedenis met dié projek.”

Sy sê ook dít is net die begin van iets baie groter.

“Ons het so baie stories wat ons op so baie maniere kan vertel – só vier ons ons kultuur deur animasie.

“Jy kan egter beslis nog sulke animasieprojekte van my verwag – ek weet nou daar is ’n vraag daarna. Ek beplan om die webwerf verder te ontwikkel en nog stories van ons oudstes daar te argiveer.

“Ek wil ook ’n uitsaaier soek wat daarin sal belang stel en meer finansiering kan gee sodat Stories in die wind kan groei. Ek weet ek sal baie hard daarvoor moet werk, maar ek is bereid om dit te doen sodat dié meesterstuk kan voortgaan.”

Die eerste episode van Stories in die wind is reeds op storiesindiewind.co.za uitgereik. Die volgende vier episodes sal een ná die ander op 22 en 29 Oktober, asook 4 en 12 November aanlyn beskikbaar wees. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007