Storm lank nie verby
Ná verlede week se staatsrede het die dagblad in staatsbesit groot gewag daarvan gemaak dat pres. Hage Geingob die storm oorleef het.
Die onmiddellike konteks was die opposisie se aanslag op korrupsie. Die onweer is egter baie groter as die ontwrigting in die Nasionale Vergadering. En behels veel meer as korrupsie.
Die storms is nog lank nie oorleef nie. Skade, of ‘n gebrek daaraan, sal vanjaar by die stembus, by Swapo se volgende kongres en in 2024 se algemene verkiesing bepaal word.
Covid-19 het bestaande opdraande baie vinnig vererger.
Die detail in die staatsrede verdien krediet, maar min nuut is gesê. Antwoorde vir die toekoms was besonder skraps.
Harambee II se fokuspunte – om skuld te tem, strukturele hervorming van die ekonomie, die regruk van die staatsdiens en beter produktiwiteit – pryk al lank op die agenda. Almal leer baie harde en duur lesse weens Covid-19, maar by ‘n regering rus ‘n groter plig om sy huis voortydig in orde kry. Nie eers wanneer ekstreme wind en weer woed nie.
Besparings waarop geroem is, is deur die resessie afgedwing eerder as eie keuse. Net so is die Fishrot-skandaal van buite op die lappe gedwing en nie vanuit eie binnekamers nie.
Swapo se geldsake is nie hul eie besigheid wanneer korrupsie met staatsbronne gepleeg word nie. Die party en regering kan meer uit openheid baat as om te wag tot die sak patats eindelik in die hof uitkom.
Deursigtigheid en verantwoording word in beginsel uitgeleef. Nie net wanneer nood dit verg nie.
So sê ander
9 Junie 2020
MRK sit die pot mis
Die Menseregtekommissie (MRK) is die tweede artikel 9-instelling wat, naas die Openbare Beskermer, tans geloofwaardigheid – die instellings se belangrikste moontlike bate – verloor.
Skaars het die stof (voorlopig, waarskynlik) gaan lê oor die vreemde Eben Etzebeth-sage waarin die MRK ’n soort openbare boendoehof-aksie gedryf het, of die geleidelike heropening van onderwys uit inperking kom aan die beurt.
Die kommissie is heeltemal binne die orde om te wil toesig hou oor gelyke onderwys vir almal. Maar waar die pot heeltemal mis gesit is, is om dit te probeer bereik deur die suksesvolle deel van die onderwysstelsel wat goed funksioneer, aan te val.
Die MRK se regsdreigemente teen die Wes-Kaapse onderwysdepartement het platgeval toe dit blyk hul heropeningsdatum val steeds binne regulasies.
Hopelik gaan die MRK gelyke onderwys bevorder, deur hom toe te spits op swak dienslewering, handboeke wat nie afgelewer word nie, onderwysvakbonde wat klastyd ontwrig, die plundering van skoolgeriewe, en ANC-lede wat geld steel waarmee nuwe skole gebou moet word. Dit veroorsaak tans ongelyke onderwys.
Intussen raak die huidige MRK-termyn van politieke gedienstigheid al hoe minder houdbaar. En ervaar skoolkinders, wat juis moet leer oor die MRK se belangrikheid, dit nou negatief.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie