Storm op pad na Bahamas
Dié woorde het die spanbestuurder Hans du Toit gister gebruik terwyl sy twee Namibiese fietsryers hul finale oefenlopie vir vandag se eerste item in die Statebond Jeugspele in die Bahamas voltooi het. Alex Miller en Charl du Plooy sal vandag vir die individuele tydtoets aantree op 'n sirkelroete van 9.3 kilometer, voordat beide komende Sondag ook in die padresies oor 65 km sal meeding. Namibië word by die spele ook deur twee tennisspelers (Cody van Schalkwyk en Gina Moolman), drie baan- en veldatlete (naelloper Ivan Danny Geldenhuys, spiesgooier Johannes Smith en die hoog- en verspringer Natalie Louw) en twee boksers (Tryagain Morning Ndevelo en Sylinos Nampadhi) verteenwoordig. Foto Hans du Toit
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie