Stormers se lotingskok vir 2019
Rugby
Stephen Nell - Die Stormers sal in 2019 wéér 'n nagmerrie-loting in die Superrugby-reeks hê as 'n voorlopige bepalingslys deur die beheerliggaam van die toernooi, Sanzaar, aanvaar word.
Volgens dié bepalings, wat vertroulik bekom is, sal net twee van die Kapenaars se eerste agt wedstryde op Nuweland gespeel word.
Die Stormers vertrek vroeg in Maart op 'n toer van vier weke na Australië en Nieu-Seeland. Vanjaar is slegs drie van die Stormers se eerste nege wedstryde op Nuweland beslis.
Die Bulle en Haaie lyk na die groot begunstigdes met dié loting, met sewe van die Pretorianers se eerste elf wedstryde wat na verwagting op Loftus gespeel gaan word, terwyl die Haaie ses van hul eerste nege wedstryde in Durban sal speel.
Die Leeus, soos die Stormers, sal nie juis in hul noppies wees nie. Slegs vier van die Leeus se eerste tien wedstryde is vir die Goudstad geskeduleer.
Thelo Wakefield, die WP Rugbyunie (WPRU) se president, het by navraag bevestig dat hy en Paul Zacks, die WP se uitvoerende hoof, die kwessie van die loting by Andy Marinos, Sanzaar se uitvoerende hoof, en Brendan Morris, bedryfshoof, aangeroer het.
Vir die Stormers is die lig aan die einde van die tonnel dat hul teenstanders op toer die Hurricanes, Blues, Reds en Rebels is. Onder daardie spanne sal waarskynlik net die Hurricanes onder die aanspraakmakers om die titel tel.
SA spanne se voorlopige
loting vir 2019
Bulle: Stormers (tuis); Jaguares (weg); Leeus (weg); Haaie (tuis); Loslootjie; Chiefs (tuis); Haaie (weg); Jaguares (tuis); Reds (tuis); Loslootjie; Stormers (weg); Waratahs (tuis); Crusaders (tuis); Rebels (weg); Brumbies (weg); Blues (weg); Highlanders (weg); Leeus (tuis); Speel nie teen: Sunwolves, Hurricanes.
Haaie: Sunwolves (weg); Blues (tuis); Stormers (tuis); Bulle (weg); Loslootjie; Rebels (tuis); Bulle (tuis); Leeus (weg); Jaguares (tuis); Reds (tuis); Waratahs (weg); Crusaders (weg); Chiefs (weg); Loslootjie; Leeus (tuis); Hurricanes (tuis); Jaguares (weg); Stormers (weg); Speel nie teen: Brumbies, Highlanders.
Leeus: Jaguares (weg); Stormers (weg); Bulle (tuis); Jaguares (tuis); Rebels (tuis); Sunwolves (weg); Loslootjie; Haaie (tuis); Brumbies (weg); Chiefs (weg); Crusaders (weg); loslootjie; Waratahs (tuis); Highlanders (tuis); Haaie (weg); Stormers (tuis); Hurricanes (tuis); Bulle (weg); Speel nie teen: Reds, Blues.
Stormers: Bulle (weg); Leeus (tuis); Haaie (weg); Loslootjie; Jaguares (tuis); Hurricanes (weg); Blues (weg); Reds (weg); Rebels (weg); Brumbies (tuis); Bulle (tuis); Jaguares (weg); Loslootjie; Crusaders (tuis); Highlanders (tuis); Leeus (weg); Sunwolves (tuis); Haaie (tuis); Speel nie teen: Waratahs, Chiefs.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie