Stormers verander laat teen Bulle
Stormers verander laat teen Bulle

Stormers verander laat teen Bulle

Superrugby
Stephen Nell



Die Stormers moes gister noodgedwonge aan hul span vir môre se Superrugby-wedstryd teen die Bulle verander nadat die senter Ruhan Nel vermoedelik 'n ernstige enkelbesering in hul oefensessie op Nuweland opgedoen het.

Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, het gevolglik op JJ Engelbrecht se nommer gedruk vir die 13-trui – 'n posisie waar hy vroeër in sy loopbaan vir die Bulle gespeel het. Damian de Allende is as sy sentermaat in die plek van Dan Kriel nader geroep.

Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal sy terugkeer ná 'n besering van die plaasvervangersbank af maak. JD Schickerling is egter reguit terug in die beginspan, met Cobus Wiese as sy slotmaat.

“Ons moet Eben se werkslading gedurende die week en ook met verwysing na speeltyd bestuur. Die gesprek wat ons met hom gehad het, is om vir ons dieselfde impak en leierskap te gee as in die wedstryd teen die Leeus vroeër in ons veldtog,” sê Fleck.

Die Bok-haker Bongi Mbonambi bevind hom op die reserwebank nadat hy verlede naweek teen die Brumbies 'n hou teen sy been gekry het. Soos Wiese het hy gister 'n fiksheidstoets geslaag, maar Scarra Ntubeni sal die nr. 2-trui dra.

Siya Kolisi, die Stormers se gereelde kaptein, keer terug op flank in die plek van Ernst van Rhyn, wat op die bank is. Jean-Luc du Plessis is die losskakel met Josh Stander wat ook onder die reserwes tel.

“Ons het Jean-Luc verlede week laat rus omdat hy lyfseer gehad het, maar die plan was altyd dat hy vandeesweek terugkeer,” sê Fleck.

Stormers: Damian Willemse, Sergeal Petersen, JJ Engelbrecht, Damian de Allende, Dillyn Leyds, Jean-Luc du Plessis, Herschel Jantjies, Kobus van Dyk, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Cobus Wiese, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni en Steven Kitshoff.

Reserwes: Bongi Mbonambi, Corné Fourie, Wilco Louw, Eben Etzebeth, Ernst van Rhyn, Justin Phillips, Josh Stander en Seabelo Senatla.

Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Jade Stighling, Handré Pollard (k), Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jannes Kirsten, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka.

Reserwes: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!