Stormers warm teen Kaap se Varsity-spanne op
Stormers warm teen Kaap se Varsity-spanne op

Stormers warm teen Kaap se Varsity-spanne op

Superrugby
Die Stormers se Superrugby-span gaan die eerste van hul voorseisoense roes Saterdag reeds afskud wanneer hulle die keur van die Wes-Kaap se ­studentespelers op Floridapark in Ravensmead die stryd aansê.

Die Stormers se vergrote groep sal in vier miniwedstryde van 20 minute elk teen die Maties, Ikeys, Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) en 'n Westelike Provinsie-vyftiental te staan kom.

Die hekke by die tuisveld van die Tygerberg-rugbyklub open reeds om 09:30, maar die Stormers se eerste blitswedstryd, teen Ikeys, sal om 13:30 wees. Dit word gevolg deur die stryd teen die Maties, die vyfmalige Varsitybeker-kampioen, om 14:00.

Die spelers sal dan 'n blaaskans kry, met die Varsity-spanne wat teen mekaar te staan sal kom.

Die dag word dan laatmiddag afgesluit met die Stormers se miniwedstryde teen die KSUT en die WP-span.

John Dobson, die Stormers se nuwe hoofafrigter, glo Saterdag se sessies sal waardevolle boublokke wees in die Kapenaars se voorbereiding vir hul eerste wedstryd in vanjaar se Superreeks, 'n uitdagende tuisstryd teen die Hurricanes op 1 Februarie.

“Ons is in die gelukkige posisie dat ons oor heelwat studentespanne van gehalte in ons streek beskik, met baie van ons huidige spelers wat deur hul strukture gekom het.

“Die studentespanne berei ook voor vir hul onderskeie ­Varsitybeker- en Varsityskild-veldtogte, so hul spelers sal ook wil indruk maak.

“Dit bied ons groep ook 'n fantastiese geleentheid om in die voorseisoen met die rugbygemeenskap te skakel,” sê Dobson.

Die Stormers sal as deel van dié skakeling ook om 14:00 handtekeninge uitdeel.

Dobson se span se voorbereiding vir die Superreeks sal volgende Sondag na 'n hoër rat oorskakel wanneer die Stormers op Superheld-Sondag in Johannesburg teen die Haaie te staan kom.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!