Stormloop van medici verwag
Meer as 660 Namibiërs studeer tans met regeringsbeurse in mediese rigtings in die buiteland.
Henriette Lamprecht
Meer as 140 nuwe dokters en meer as 50 aptekers tree moontlik binne die volgende twee jaar toe tot Namibië se gesondheidsektor, nadat hulle aan die Universiteit van Namibië se mediese skool (SOM) gekwalifiseer het.
Teen die einde van vanjaar voltooi 76 mediese studente hul studies aan SOM, terwyl 34 aptekers volgende jaar hul internskappe by openbare gesondheidsinstellings begin.
Tans is 39 studente besig met hul finale jaar vir 'n diploma in aptekerswese.
Van aanstaande jaar af word 'n vyfjaarkursus in tandheelkunde ook aangebied. Voorts skop honneursgrade in fisioterapie en arbeidsterapie ook in 2018 by SOM af, terwyl 'n vierjaarkursus vir 'n M-graad in narkose, kritieke sorg en pynbestuur, asook 'n een jaar lange nagraadse diploma in narkose van aanstaande jaar af hier aangebied sal word.
Buiten die mediese personeel wat plaaslik kwalifiseer, studeer 661 Namibiërs tans in die buiteland in mediese rigtings wat wissel van dokters tot radiografiste en fisioterapeute. Hiervan studeer 372 om dokters te word, 104 om aptekers te word, 96 tandartse en 19 radiografiste.
Dié 661 studente wat aan instellings in van Tanzanië, Kuba, Rusland, Indië en Suid-Afrika studeer, is beurshouers van die Namibiese regering en word sodoende verplig om vir 'n tydperk gelykstaande aan hul studiejare in die openbare gesondheidsektor diens te doen.
STATISTIEKE
Volgens statistieke verskaf deur SOM en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, beteken dit 150 dokters, 118 aptekers, 17 radiografiste en 13 fisioterapeute kwalifiseer in die volgende twee jaar sou hulle hul studies suksesvol voltooi.
Volgens die ministerie se woordvoerder, me. Manga Libita, word van mediese, aptekers- en tandheelkundestudente vereis om 'n internskap te doen alvorens hulle by die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) kan registreer.
Sy het onder meer verwys na drie studente verbonde aan die Apex-universiteit in Lusaka wat Desember hul studies voltooi en in die “stelsel opgeneem sal word” sodra hul registrasie voltooi is.
Alle gegradueerdes moet volgens Libita met die voltooiing van hul studies 'n internskap by die hospitale doen wat hiervoor geakkrediteer is. Dit sluit die Windhoek Sentrale Hospitaal, sowel as die Katutura-, Oshakati- en Onandjokwe-hospitaal in.
Volgens Libita gaan nog vyf streekshospitale voorberei word tot op die vlak van opleidingshospitale om met internskappe te help. Dit sluit die Rundu-, Otjiwarongo-, Keetmanshoop-, Walvisbaai- en Swakopmund-hospitaal in.
Na afloop van die internskap sal die studente na verskillende hospitale dwarsoor die land ontplooi word.
Volgens Manga is die betrokke 661 studente reeds voor hul vertrek na die buiteland aan spesifieke streke “toegeken”.
Die ministerie se permanente sekretaris, dr. Andreas Mwoombola, het vroeër gesê die ministerie gaan nie buitelandse gesondheidspraktisyns aanstel of hul kontrakte hernu, alvorens alle Namibiese gegradueerdes geakkommodeer is nie. Tans is daar 714 buitelandse mediese personeel in die land.
Die opskorting van bogenoemde kontrakte is volgens Mwoombola om gegradueerdes van die ministerie se projek vir die kwalifisering van verpleegsters, sowel as dié wat hul studies aan ander plaaslike instellings voltooi, onder meer die Universiteit van Namibië (Unam), te akkommodeer.
Alle kontrakte wat op 1 September vanjaar verval het, is nie hernu nie, totdat alle nuwe gegradueerdes in die stelsel opgeneem is.
Aan die hand van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vasgestelde riglyne en die bevolkingsensus van 2011, behoort Namibië 2 114 dokters te hê. Die voorgestelde maatstaf is 10 dokters vir elke 10 000 inwoners.
Namibië behoort in 2030 ten minste 5 300 dokters te hê.
Die HPCNA het in 'n 2015-verslag gesê die mediese skool se aantal nuwe studente moet tot 'n maksimum van 50 beperk word.
Voorstelle vervat in 'n verslag deur die Internasionale Opleiding- en Onderrigsentrum vir Gesondheid (I-Tech) het in 2015 gewaarsku die inname van studente by SOM moet tot 70 studente per jaar verminder word, tot tyd en wyl sekere gebreke en 'n agterstand in kliniese opleiding aandag geniet het. Die ondersoek het op kliniese opleidingsvermoë gefokus.
Sou spesifieke kwelpunte nie gou opgelos word nie, “kan die kliniese vaardighede van gegradueerdes in die slag bly,” het die verslag gewaarsku.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie