Stormloop vir Leeus-kaartjies begin op 2 Sept.
Rugby
Cobus Claassen – Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers sal op 2 September met ’n loting aansoek kan doen vir kaartjies om die Britse en Ierse Leeus aanstaande jaar in aksie te sien.
Die gemiddelde prys vir ’n kaartjie om een van die drie toetse teen die Springbokke by te woon, beloop byna R1 700.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Dinsdag aangekondig die goedkoopste toetskaartjie is R500 (kategorie D), terwyl die beste kaartjies ondersteuners ’n stewige R3 000 elk uit die sak sal jaag.
Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, sê die kaartjies vir die toer is in die geheel hoogs bekostigbaar.
“Die duurste kaartjies is vergelykbaar met wat dit 12 jaar gelede gekos het toe die Leeus laas hier was.
“Hierdie keer is daar egter vier vlakke van kaartjiepryse, pleks van die eenprys-benadering, wat die vorige keer gevolg is.”
Die toerspan sal, afgesien van die drie toetse teen die wêreldkampioen, vyf ander wedstryde speel.
Kaartjies vir die kragmetings met die Stormers (Kaapstad-stadion), Haaie (Kingspark) en Bulle (Loftus Versfeld) wissel van R250 tot R600.
Pryse vir die Woensdag-ontmoetings met ’n Suid-Afrikaanse uitnodigingspan (Port Elizabeth) en Suid-Afrika “A” (Mbombela) is goedkoper – van R100 tot R350.
Ondersteuners sal op 2 September om 10:00 op www.lionstour2021.co.za deur middel van ’n lotingsproses vir kaartjies aansoek kan doen.
Die plaaslike rugbypubliek sal kaartjies vir al agt wedstryde kan aanvra (met ’n perk van agt kaartjies per wedstryd).
Die lotingsproses sluit op 16 September om 23:59 en mense sal op 25 September per e-pos in kennis gestel word of hulle suksesvol was.
Roux het aangedui die meeste van die beskikbare kaartjies word vir die Suid-Afrikaanse mark beskikbaar gestel.
“Ons het doelbewus wegbeweeg van die scenario wat ons in 2009 gehad het en het die meeste van die kaartjies vir Suid-Afrikaanse ondersteuners en die plaaslike korporatiewe en onthaalbedryf gehou.
“Hopelik sal die see van groen in die stadions groter wees as die rooi een, gegrond op die toekenning van die kaartjies.”
Die Leeus se eerste afspraak is oor net meer as tien maande – op 3 Julie teen die Stormers – en Roux is gevra of daar kommer is dat die Covid-19-pandemie die toer kan beïnvloed.
“Ons het verskeie gebeurlikheidsplanne, wat later oorweeg kan word.
“Die eerste prys sal wees dat dit nie nodig is nie. Die tweede prys sal wees dat daar net sekere beperkings is.
“Sonder enige toeskouers en besoekers van oorsee sal dit egter kommersieel nie lewensvatbaar wees nie en daar sal ernstige heroorwegings wees.”
Roux sê daar was die laaste paar maande oorwegings om die toer uit te stel, maar ’n finale besluit is geneem wat gegrond is op die aanduiding dat oorsese reise teen Junie volgende jaar “soos normaal” toegelaat sal word.
Die kans dat die toer steeds na ’n latere datum verskuif sal word, is hoogs onwaarskynlik, verseker Roux.
“Dit is ’n verwikkeling wat ons weekliks en maandeliks dophou.
“Die moontlikheid om die toer uit te stel is, gegewe die besluite wat daar onlangs oor die wêreldwye kalender geneem is, hoogs onwaarskynlik.” – Netwerk24
FOTO
Die Britse en Ierse Leeus se see van rooi kan in 2021 kleiner wees as wat in 2009 die geval was. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie