Storms ontwrig DRK-stemmery
Hewige storms in Kinshasa het Sondag tot verdere vertragings gelei in die langverwagte presidensiële verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).
Die verkiesing om ’n opvolger vir pres. Joseph Kabila aan te wys is sedert 2016 reeds herhaaldelik uitgestel. Kabila is veronderstel om binne 18 maande uit te tree.
Stembusse het Sondag om 06:00 geopen.
Buiten vir swaar reën word die stemmery ook in ander provinsies van die DRK vertraag.
Kayembe Mvita Dido het aan Reuters gesê baie van die kiesers weet nie hoe werk die nuwe elektroniese stem-stelsel nie.
Ander stemlokale wat deur Reuters besoek is, kon stemmers nie help nie weens kragonderbrekings of ’n gebrek aan verkiesingsamptenare.
Gewelddadige betogings het vroeër in die week uitgebreek nadat die owerhede aangekondig het dat kiesers by drie van die gebiede waar die opposisie sterk staan – wat meer as 1,2 miljoen van die 40 miljoen kiesers landwyd verteenwoordig – nie sal kan stem nie weens gesondheidsrisiko’s van ’n voortslepende Ebola-uitbraak in die land.
Dit het egter nie kiesers in die Ebola getrefde stad Beni verhinder om hul kruisies te gaan trek nie. Volgens Teddy Kataliko, ’n plaaslike leier in die stad, het dosyne kiesers met die nodige dokumente opgedaag om te stem al is die verkiesing daar gekanselleer.
Baie van die DRK se 80 miljoen burgers, waarvan die helfte geregistreer het om te stem, hoop die verkiesing sal dekades van konflik en ekonomiese stagnasie help beëindig.
Miljoene is dood in twee oorloë rondom die einde van die vorige eeu en dosyne burgermagte bly aan die oostelike grens aktief, waar hulle veg oor etniese geskille en natuurbronne.
Teenstanders van Kabila het voor die verkiesing gesê sy regering sal die stemproses probeer beïnvloed om Emmanuel Ramazani Shadary, die voormalige minister van binnelandse sake, verkies te kry as nuwe president.
Shadary het aan Reuters gesê hy is vol vertroue dat hy sal wen.
Kabila se sterkste opposisie is die voormalige Exxon Mobil-bestuurder Martin Fayulu en die plaaslike leier Felix Tshisekedi. Albei was oortuig dat hulle die verkiesing sal wen.
Volgens ’n meningspeiling van die Universiteit van New York se Kongonavorsingsgroep is Fayulu die gunsteling met 47% steun, Tshisekedi met 24% en Shadary met 19%. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie