Storms oorkant die suidgrens
Dani Booysen - Ontvouende politieke dramas in Suid-Afrika begin nou met dieselfde spoed en sensasie as die Amerikaanse presidensiële wedren die wêreld toenemend laat wonder wanneer die ekstra asem vir ‘n volgende onthutsing nodig sal wees.
Dit geld nie net vir politiek rondom pres. Jacob Zuma nie, maar ook voortgesette studente-onluste wat dreig om ‘n akademiese jaar te laat ontspoor.
Duisende Namibiese ouers vanuit omtrent elke agtergrond is met reg uiters bekommerd oor die belegging wat hulle in hul kinders wat by Suid-Afrikaanse universiteite en ander hoëronderwysinstelling studeer se opvoeding maak.
‘n Algemene vuisvoosheid by SA burgers is lankal ‘n gegewe. Een wat nou net vererger.
Noord van die Groot Gariep is Namibiërs terdeë bewus dat ons nie ‘n perfekte regering of ‘n perfekte land het nie. Daarvoor skiet administrasie en dienste steeds te dikwels ver van verwagtinge tekort. Al ons uitdagings is bekend en nuwe planne word gesmee om dit te bowe te kom.
Die storms oorkant ons suidgrens weerspieël ‘n staat wat op baie vlakke al nader aan ‘n afgrond tree. Hierteenoor spreek Namibië steeds van langdurige stabiliteit en vertroue in leiers.
Alles in ag genome is daar baie seëninge om te tel. Hoewel nie sonder om die lat en mes in te lê wanneer dit nodig is nie.
As almal saam Harambee, kan ons net nog groter hoogtes bereik. Indien nie, moet ons duidelik sê hoe Namibië beter na sy strawwe teikens vir ontwikkeling kan Harambee.
So sê ander
18 Oktober 2016
Gety begin draaiteen Zuma en sy luitenante
Vir die eerste keer begin die gety teen pres. Jacob Zuma en sy faksie in die ANC verander. Zuma is van alle kante onder beleg.
Sake lyk donker vir hom, maar hy het hom al vantevore uit situasies soos dié gewikkel. Drie gebeure verlede week het kragte losgemaak wat Zuma moeilik gaan beheer:
Die eerste is die onsinnige besluit om Pravin Gordhan te dagvaar om in die hof te verskyn.
Die tweede is die afhandeling van die ondersoek na staatskaping deur adv. Thuli Madonsela. Alle aanduidings is dat dit plofbare feite bevat wat Zuma se einde kan beteken. Openbare belang maak dit haas onmoontlik om die verslag dig te hou.
En laastens het Gordhan in ’n slim skuif die hof genader om ’n verklarende bevel dat hy nie die reg het om in te meng by die vier banke wat nie met die Guptas wil sake doen nie.
Vir Gordhan en vir diegene wat hom steun, lê ’n bitter harde stryd in die ANC voor. Hulle het darem oorgenoeg skietgoed om te seëvier.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie