Storms saai verwoesting
Wind- en donderstorms het die afgelope week bome ontwortel, dakke afgewaai en paaie verspoel.
Tanja Bause – “Ek kan die gevoel nie beskryf nie. Ek wil dit nooit weer oorhê nie. Ek staan in die huis en die bome om my huis ontwortel, die takke breek en land op my dak en ek weet nie waar my man is nie omdat hy op die lande besig was,” het Sonja de Jager gesê.
Die De Jager-egpaar boer op die plaas Guinas See wat by die Guinasmeer naby Tsumeb geleë is.
Haar man was Maandag op die lande besig toe hy die weer sien aankom.
“My man het gesê die wolke was donkerblou en spierwit in die middel. Hy het toe geweet dit bring hael. Ek was by die huis toe die storm omstreeks 19:00 neergesak en die bome begin ontwortel het. Die storm was ontsettend vinnig verby; binne 10 minute was alles oor. Voor die tyd was dit bietjie bewolk, maar daar was geen tekens van swaar reën of donderweer nie,” het sy gesê.
Drie buurplase het onder die storm deurgeloop. De Jager se mielies op 15 hektaar is verwoes.
“Ons bure op die plaas Guinas wat so 200 tot 300 meter van ons af bly, se bome is ook omgewaai en hul skuur se dak is afgewaai. Die ander buurplaas Cando Farming se aartappellanderye en spilpunte is erg beskadig. Dit was net ons drie plase wat deur die storm getref is. Die ander bure het nie een druppel reën gekry nie. Hulle het nie van die storm geweet totdat ons hulle daarvan vertel het nie.”
Tsumeb het Dinsdag meer as 50 mm reën gehad en die strate was onder water. Op die Facebook-blad Reën in Namibia is berig dat Otavi ook meer as 50 mm reën ontvang het.
ARIAMSVLEI
Volgens Johannes Nagel het dit Saterdagaand op Ariamsvlei in die suide van die land begin reën en het dit nog elke dag laat namiddag gereën.
“My skoonpa woon al 72 jaar op Ariamsvlei en hy sê hy het nog nooit so iets beleef nie. Die intensiteit van die weer, die donderweer en die wind is ongekend.”
Die grondpad na Aroab het verspoel, die grenspos was onder water en die Ariamsvlei is vol. Die vlei strek tans oor meer as 1 kilometer.
“Ons gemiddelde reënval per jaar is tussen 100 mm en 150 mm; as ons gelukkig is. Ons het nou al oor die vier dae sowat 200 mm reën gehad en die wolke bou weer op,” het hy gesê.
“Die vliegveld is onder water en die water is sowat 5 meter van die voorstoep van die Katolieke Kerk af en dan is die kerk ook deel van die vlei. Die vlei is by my plaas en die water is nou al amper by my krippe. Die rivier loop al vir die afgelope drie dae.”
WARMBAD
Op Warmbad het ’n baie sterk wind en sandstorm Maandag omstreeks 19:00 die dak van ’n huis afgewaai. Volgens Eddis Morris het dit net bietjie gereën.
“Dinsdag omstreeks 14:30 was daar weer ’n baie sterk wind en sandstorm wat die dak van my ma se huis afgewaai het. Die wind het seker net vir ongeveer vyf minute gewaai, maar dit was baie sterk. Ná die storm het ’n paar druppels geval. Ons is gewoond aan die reën, maar nie aan die besonderse sterk winde nie,” het hy gesê.
– [email protected]
FOTO’s
Die rivier op Ariamsvlei loop al vir die afgelope drie dae. Foto Johannes Nagel
Die Ariamsvlei-grenspos was onder water. Foto Johannes Nagel
Die grondpad na Aroab is verspoel. Foto Johannes Nagel
Ariamsvlei is tans vol water. Foto Johannes Nagel
Dis hoe die weer Woensdagnamiddag by Ariamsvlei gelyk het. Foto Johannes Nagel
Sewe bome op die plaas Guinas See is binne 10 minute deur ’n sterk storm verwoes en sommige ontwortel. Foto Sonja de Jager
Dit het Dinsdag meer as 50 mm op Tsumeb gereën en die teerpad voor Agra het in ’n rivier verander. Foto Franswa de Jager
’n Sterk wind het Dinsdag die dak van dié huis in Warmbad afgewaai. Foto Eddis Morris

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie