Storms vir Nuwejaar voorspel
Die hoofweervoorspeller van die weerkantoor, mnr. Odillo Kgobetsi, verwag wydverspreide swaar reënstorms van meer as 50 mm vir die Nuwejaar oor die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land waar kitsvloede moontlik tot Saterdag kan voorkom.
Hy het gesê landswye reën sal in die streke van Omusati, Oshana, Oshikoto, Ohangwena, Kavango-Oos en –Wes, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke, Hardap en die suidelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.
Weens die Chalane-sikloon word swaar reënbuie ook in Mosambiek, Zimbabwe, Botswana en Angola verwag.
“Die laedrukstelsel oor Namibië vanaf Angola duur die naweek voort. Eks-Chalane beweeg weswaarts vanaf Mosambiek via Zimbabwe na Bostwana en die oostelike dele van Namibië, kombineer met ‘n oorvloed van tropiese lug teen môre en Saterdag,” sê Khobetsi in ‘n verklaring.
Die weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik en die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word.
Die voorspelling vir die binneland vir môre is gedeeltelik bewolk met enkele tot geïsoleerde donderbuie, maar verspreid en wydverspreid in die sentrale-Noorde, Noordooste en streke van Khomas en Omaheke.
By die kus sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees met enkele buie oor die sentrale kus.
Foto: “Die reën is op pad op die plaas Tierkolkies,” sê Valencia Dentlinger

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie