Stormtye vir landboubedryf
Stormtye vir landboubedryf

Stormtye vir landboubedryf

Dani Booysen
Ondanks wyd verspreide storms en vloede in Namibië moet alle inwoners besef landbou gaan nog geruime tyd in krisistoestande verkeer.

Die nood van die droogte gaan nog lank ingryping verlang, terwyl die bedryf steeds talle antwoorde van die regering in die verband inwag. Die ondersteuning van owerhede, private besighede en die breë publiek vir die land se boere is steeds baie belangrik.

Gras skiet nie sommer dadelik kniehoogte op waar ‘n bietjie reën val nie. Met drasties verkleinde kuddes is daar ook nie diere wat binne maande skepvet en markgereed gaan wees nie.

Die Namibië-droogtehulpfonds het aansoeke van byna N$700 000 ontvang om met skoolfonds te help – en dit is net vir graad 10- tot 12-leerlinge. Sekere boere ervaar ook steeds ‘n gebrek aan basiese leefmiddels. Dit bewys hoe hoog die nood is.

Die sentrale bank verwag steeds negatiewe groei in die landbousektor, bosbou en visserye. Positiewe groei is aanvanklik vir 2020 in die bedrywe voorspel. Groei kan in sekere subsektore voorkom, maar die algehele prentjie by negatief.

‘n Jarelange resessie is dus nog nie duidelik aan die uitwyk nie. En met sy klein, oop en minder gediversifieerde ekonomie voorspel die groeiende, wêreldwye impak van die Covid-19-virus ook min goed vir Namibië.

Duitsland se kansellering van die Berlynse internasionale toerismeskou, waar baie Namibiese ondernemings in die bedryf die land sou bemark, is ‘n gevoelige hou. Selfs al bereik Covid-19 ons nie gou nie, is ons blootgestel aan talle skokke van buite.

So sê ander

2 Maart 2020

Britte gaan die gesprek oor Brexit veel sterker in

Brittanje se handelsvennote sal sy onderhandelinge met die Europese Unie (EU) oor ’n toekomstige handelsverdrag fyn dophou.

Brittanje en Boris Johnson, die premier, staan in die onderhandelingsronde op veel vaster grond as voorheen.

Sedert die skokuitslag van die Brexit-referendum, was Brittanje in ’n verlammende politieke binnegeveg.

Johnson het vele ontleders verras deur ’n goeie meerderheid in sy blitsverkiesing in Desember verlede jaar te behaal. Dit is omdat hy – ook anders as die ontleders – verstaan het Brexit is maar net een van die kwessies waaraan kiesers in die stemhokkie gaan dink.

Johnson se bewys dat hy, hoewel steeds omstrede met sy hantering van sommige kwessies, nie ’n lakei van pres. Donald Trump van Amerika gaan wees nie, versterk sy onafhanklike posisionering.

Johnson kry ook beter samewerking van ’n eens heeltemal vyandige private en finansiële sektor. Dit is alles faktore wat bydra tot ’n sterker en stabieler onderhandelingsvennoot wat oorkant die EU-verteenwoordigers in Brussel sitplek inneem.

Hopelik lei dit tot selfvertroue om vinniger ’n sinvolle ooreenkoms te sluit tot voordeel van albei partye en hul handelsvennote wêreldwyd.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!