u2018Stormwolke van inflasie op die horisonu2019
u2018Stormwolke van inflasie op die horisonu2019

‘Stormwolke van inflasie op die horison’

Pick n Pay se uitvoerende hoof beplan vir ’n moeilike tweede helfte van sy boekjaar, asook ’n moeilike Kerstyd.
Hanlie Stadler – Die styging in oliepryse en die wisselvallige rand beteken dat daar “stormwolke van inflasie op die horison is”.

Dit gaan ongetwyfeld ’n uitwerking op pryse hê, maar Richard Brasher, uitvoerende hoof van Pick n Pay, sê dis hul werk as kleinhandelaars om die impak te probeer verminder.

“As taxigeld of petrol vir mense ’n groot uitgawe is as hulle winkel toe gaan, moet ons seker maak ons is naby waar hulle woon. As hulle verder ry na een van ons hipermarkte toe, beter dit vir hulle die moeite werd wees. Hulle moet meer goed vir minder kan koop.

“Mense gaan beslis meer uitkyk vir goeie winskopies, en dis belangrik dat ons produkte aanhou wat hulle wil hê.”

Brasher het met Netwerk24 gesels nadat die maatskappy vroegoggend die beste halfjaarresultate in vyf jaar uitgereik het, insluitend ’n styging van 17% in sy genormaliseerde wesensverdienste per aandeel.

Brasher sê dit blyk nou verstandig te gewees het om 18 maande gelede herstrukturering te doen. Die pynlike proses – waardeur veral bestuurslui verminder is – het vir die maatskappy beweegruimte geskep waarmee hy waarde vir verbruikers kon ontsluit.

Pick n Pay sê hy het die prys van 2 500 soorte kruideniersware verlaag. Die groep se prysstygings was die afgelope ses maande net 0,3%, vergeleke met landwye kosprysinflasie van 3,5%.

Pick n Pay het Dinsdag aangekondig dat mense met Smart Shopper-kaarte binnekort punte kan verdien as hulle by BP-vulstasies brandstof ingooi.

Mense met Smart Shopper-kaarte het die afgelope ses maande R2,4 miljard se verpersoonlikte afslagkoepons gekry. Die aantal koepons wat wel gebruik is voordat dit verval het, het meer as verdubbel.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay se direksie, sê hulle het die gemiddelde gesin verlede jaar R1 300 bespaar.

Brasher sê hy is ’n gebore optimis en hoop uiteraard dat die ekonomie sal verbeter. “Ons sal verheug wees as dit gebeur.”

Hy voorsien egter nie dat dit op kort termyn maklik sal wees om die ekonomie aan die brand te skop nie en die kleinhandelaar beplan daarom vir ’n moeilike tweede helfte van sy boekjaar, asook ’n moeilike Kerstyd.

Die maatskappy glo egter steeds daar is groot geleenthede in die land. Hoewel Pick n Pay ook meeding vir meer welvarende klante se koopkrag, wys die sukses van sy Boxer-winkels dat daar groot groeipotensiaal in die middel- tot laerinkomstemark is, wat die grootste persentasie Suid-Afrikaners verteenwoordig.

Daarby gaan Pick n Pay aanhou om in die res van Afrika uit te brei, maar op ’n baie versigtige manier.

Brasher, ’n Brit wat voorheen vir Tesco gewerk het, is sedert Februarie 2013 Pick n Pay se hoof. Gevra wat hy meen die meeste die afgelope vyf jaar by Pick n Pay verander het, sê Brasher hy reken dat die maatskappy “nou baie meer in homself glo”.

Hy loof Ackerman vir die “moedige skuiwe” wat hy begin het, soos die sentralisering van verspreiding. Dit het egter ’n paar jaar lank ’n groot duik in Pick n Pay se syfers gemaak en Brasher reken die kleinhandelaar het ’n bietjie selfvertroue verloor.

“Pick n Pay het nou ervare kleinhandelaars van ’n goeie kaliber.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!