Stormy het nog baie te sê
Die regsverteenwoordiger van ’n porno-ster en ’n Playboy-model in onderhandelinge met pres. Donald Trump van Amerika om bewerings van seksuele verhoudings toe te smeer in ruil vir honderdduisend dollar, sê die volle waarheid oor die openbare skandaal is nog nie vertel nie.
Keith Davidson het in ’n onderhoud met CNN gesê hy glo sy kliënte, Stormy Daniels, die porno-ster, en Karen McDougal, Playboy-model, het die waarheid gepraat oor hul verhoudings met Trump.
Daniels het in 2016 voor die Amerikaanse presidentsverkiesing US$130 000 ontvang in ruil vir haar stilswye oor haar beweerde seksuele ontmoetings met Trump wat glo in 2006 begin het.
Trump ontken dat hy ’n verhouding met Daniels of McDougal gehad het. Daniels se regte naam is Stephanie Clifford.
Sy het in Maart aangebied om die geld terug te betaal in ruil dat haar ooreenkoms dat sy nie besonderhede bekend sal maak nietig verklaar sal word. Die ooreenkoms sou dan die weg vir Clifford baan om openlik oor haar beweerde verhouding met Trump te praat.
Volgens Davidson is hy onlangs deur Trump se prokureur, Michael Cohen, gekontak wat hom aangeraai het om alles te onthul wat hy van sy kliënte en hul onderhandelings weet.
Davidson sê Cohen het aangevoer die vroue het die vertroulikheid tussen prokureur en kliënt verbreek deur hul stories openbaar te maak.
Ná regsadvies het Davidson besluit om nie besonderhede van gesprekke met Daniels en McDougal bekend te maak of inligting te verskaf oor werk wat hy namens hulle gedoen het nie. Hy het aantygings deur die twee vroue ontken dat hy nie hul beste belange op die hart gedra het nie.
McDougal het hom selfs daarvan beskuldig dat hy met Trump se regsverteenwoordigers saamgesweer het terwyl hy voorgegee het om hulle te verteenwoordig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie