Strafklagte teen Mwoombola oorweeg
Die voormalige uitvoerende direkteur van gesondheid het glo te midde van ’n onafgehandelde dissiplinêre saak teen hom uit sy jongste pos bedank.
Jana-Mari Smith – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het die regering aangeraai om ‘n klag van bedrog teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se voormalige uitvoerende direkteur, mnr. Andreas Mwoombola, aanhangig te maak om beweringe van korrupsie en bedrog teen hom te ondersoek.
Mwoombola het einde Februarie uit sy pos by die kantoor van die eerste minister bedank.
In ‘n brief aan Ndeitunga het die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, die polisiehoof gevra om die moontlikheid te oorweeg om “ ‘n strafsaak teen Mwoombola” te open.
Mwoombola het uit sy jongste pos bedank met ‘n hangende saak van korrupsie en bedrog teen hom.
Ndeitunga het die korrespondensie intussen bevestig en gesê hy het dit vir ‘n kommissaris aangestuur, wat vir strafregtelike ondersoeke verantwoordelik is om duidelikheid te kry of ‘n strafsaak wel geopen is.
Ndeitunga het beklemtoon ‘n ondersoek kan nie van stapel gestuur word “as daar nie ‘n klag is nie”.
Indien ’n saak teen Mwoombola geopen is, “is ons verplig om dit te ondersoek”.
Hy het voorts gesê hy wag om te hoor of ‘n saak geregistreer is en of die ondersoek begin het.
In Simataa se brief aan Ndeitunga sê Simaata Mwoombola het te midde van ‘n onafgehandelde dissiplinêre saak teen hom bedank.
“Die saak spruit voort uit beweringe van bedrog en korrupsie by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, waar hy voorheen as uitvoerende direkteur in diens was, voordat hy in 2018 na die kantoor van die eerste minister oorgeplaas is,” lui die brief.
Volgens die brief was Mwoombola deel van dissiplinêre verrigtinge wat by vyf geleenthede in 2017 plaasgevind het, voordat hy na die kantoor van die eerste minister verplaas is.
Ten tyde van sy oorplasing en toe die antagonisme tussen Mwoombola en die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, openbaar gemaak is, het Simataa in ‘n verklaring gesê Mwoombola se verplasing word “genoodsaak weens ‘n dringende behoefte om die administratiewe en politieke sy van die ministerie te normaliseer”.
“Daarom moet die verplasing gedoen word om te verseker die werksaamhede van die kritieke ministerie duur ongeraak en sonder struikelblokke voort.”
Bewerings van Mwoombola se bedrog en korrupsie gaan gepaard met die beweerde onreëlmatige toekenning van tenders.
Met sy oorplasing na die kantoor van die eerste minister het Simataa ‘n dissiplinêre komitee volgens bepalings van die staatsdienswet gevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie