Strafmaatreëls oorweeg teen Noord-Korea se vriende
Ernstige waarskuwings en bedekte dreigemente van strafmaatreëls teen dié wat voortgaan om hulp aan Noord-Korea te verleen, is deur Amerika se ambassadeur na die Verengide Nasies gerig.
“Óf julle ondersteun Noord-Korea óf julle ondersteun ons,” het Amerika se ambassadeur na die Verenigde Nasies (VN), Nikki Haley, tydens 'n mediakonferensie Dinsdag voor 'n noodvergadering van die VN se veiligheidsraad in New York gesê.
Die noodsitting is belê om die jongste Noord-Koreaanse ballistiese missieltoetse met Hwasong-12 intermediêre missiele die afgelope naweek te bespreek.
Haley het 'n beroep op die VN gedoen om sanksies teen Noord-Korea te verskerp.
Sy het ook aangedui dat sanksies teen lande wat Noord-Korea help, nie uitgesluit is nie.
“As u Noord-Korea ondersteun, is u teen die res van die internasionale gemeenskap.”
Gevra of Noord-Korea se grootste bondgenoot, China, sal instem tot nuwe sanksies, het Haley geantwoord dat Amerika saam met Beijing, Japan en Suid-Korea in die verband werk.
Sy het ook Rusland daarop gewys dat Pjongjang se jongste missieltoets na aan die Russiese grens geland het.
“U ondersteun óf vir Noord-Korea óf nie,” het sy bygevoeg. “Maar u moet kies.”
Sy sê geen land is immuun teen die bedreiging wat Noord-Korea inhou nie.
Politieke ontleders wys daarop dat Namibië se buitelandse beleid, wat gegrond is op “almal se vriend en niemand se vyand nie”, nie houbaar sal wees met die Trump-administrasie se nuwe, meer aggressiewe beleid jeens Noord-Korea nie.
Al hou Namibië vol dat die land hom nie deur enige moondheid sal laat voorskryf oor wie sy vriende mag wees en wie nie, is ernstige besinning nodig om strafmaatreëls van Amerika en uiteindelik ook van die Verenigde Nasies af te weer.
Noord-Korea se Mansudae Overseas Projects, 'n frontmaatskappy van Korea Overseas Mining and Development Trading Company (Komid), was sedert onafhanklikwording 27 jaar gelede nou gemoeid met konstruksieprojekte in Namibië.
Dit het voortgegaan selfs nadat die Verenigde Nasies in 2006 die eerste geteikende sanksies teen Noord-Korea ingestel het nadat die land met kern- en ballistiese missieltoetse begin het. Namibië se omstrede intieme betrekkinge met Noord-Korea is in Maart vanjaar opnuut onder die soeklig geplaas toe die jongste verslag van die VN oor die skending van VN-sanksies teen Noord-Korea gepubliseer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie