Strafproseswet kort hersiening
Volgens navorsing gebruik Namibië ’n ou wet wat wêreldwyd reeds vervang is.
Augetto Graig - Namibiese wetgewing oor die gebruik van geweld in wetstoepassing is nie op internasionale standaard nie.
Me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC) het Vrydag navorsing in dié verband saam met die Hanns Seidel-stigting (HSF) by die House of Democracy in die hoofstad vrygestel.
Die navorsing volg die polisie en ander wetstoepassers se pogings om veiligheid en sekuriteit in die land te bevorder.
Veral Operasies Hornkranz, wat van Mei tot Augustus laas jaar uitgevoer is, gevolg deur Operasie Kalahariwoestyn, waaraan die weermag, gevangenisdienste en Windhoek se stadspolisie deelgeneem het, het kritiek weens berigte van gewelddadigheid uitgelok.
Hubbard sê die kwessie is hoogs omstrede omdat baie burgers ook die suksesse van dié operasies verwelkom, wat ’n afname in misdaad behels.
Nampol se genl.maj. Anne-Marie Nainda het die geleentheid bygewoon en gesê: “Dit is nie reg om te sê polisie-operasies word gemilitariseer nie. Als wat ons doen, is voorgeskryf en vooraf beplan met ’n rol vir alle deelnemers, waarvan slegs ’n klein persentasie gewapen is. Daar is gemeenskaplike reëls vir gesamentlike operasies, en in operasies gelei deur die polisie word standaardprosedures gevolg.”
Komm. George Mhoney het gesê: “As polisie moet ons die wet handhaaf soos hy staan. Die wet bly van krag tot hy aangepas of verwerp is.”
Hubbard het Nampol geloof daarvoor dat hul operasionele gids selfs beter leiding as die wet gee, en selfs die riglyn: “As jy twyfel, moenie skiet nie,” insluit.
Namibië se wetgewing kom steeds uit die tyd voor onafhanklikwording, het Hubbard gesê.
Sedertdien het plaaslike wetgewing vereis dat dodelike geweld slegs gebruik mag word indien daar geen ander manier is om ’n verdagte in hegtenis te neem nie.
Volgens Hubbard is artikel 49 van die Strafproseswet 51 van 1977, wat die gebruik van geweld by inhegtenisnemings reguleer, kommerwekkend.
Dit bevat ’n lang lys misdade waarin die gebruik van dodelike geweld op verdagtes geregverdig is.
Suid-Afrika het dié wet sedert die einde van die apartheidsera reeds twee keer aangepas.
Die lys van omstandighede wat geweld regverdig, is heeltemal verwyder en vervang deur bepalings oor die mate van gevaar betrokke en die moontlikheid van ’n latere inhegtenisneming, wat in ag geneem moet word.
Hubbard sê sy hoop die navorsing dien as riglyn vir nuwe Namibiese wetgewing.
Me. Yvonne Dausab, voorsitter van die Kommissie vir Regshervorming en -ontwikkeling (LRDC), het gesê die navorsing bevorder regshervorming.
Dit strook ook met die LRDC se projek om uitgediende wette te skrap, het sy gesê.
Die LRDC verwelkom insette van die publiek oor 27 wette wat moontlik geskrap kan word, ná 144 wette in Desember 2018 geskrap is, het sy gesê.
Mnr. Daniel Kashikola, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, het gesê die verslag bied insig oor kwessies wat onder die loep geneem moet word.
“Ons is oop vir oortuiging. Ons het ’n oopdeur beleid,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie