Strand Hotel is 'n wenner
Strand Hotel is 'n wenner

Strand Hotel is 'n wenner

'n Hotel wat 'n landmerk op Swakopmund is, het met die louere by die Afrika Eien­doms­beraad en -ekspo weggestap.
Francoise Steynberg
Die Strand Hotel op Swakopmund is met die toekenning vir die beste hotelontwikkeling by die Afrika Eiendomsbeleggings­beraad en -ekspo (API) bekroon.

Die Strand Hotel het 'n landmerk op Swakopmund geword. Dié ontwerp deur die argitekfirma DHK Architects voldoen aan die vereistes van die erfenisraad en pas in by die bestaande inheemse landskap.

Om te voorkom dat die bestaande argitektuur direk nageboots word, is 'n funksionele, kontemporêre ontwerpbenadering gevolg wat 'n eiesoortige estetiese ontwikkeling tot gevolg gehad het, lui 'n verklaring deur die API.

Die ontwikkeling sluit in 85 luukse suites en 28 luukse woonstelle, 610 m² winkelruimte op die promenade, meer as 1 000 m² konferensie en -banketgeriewe, asook 1 000 m² gesondheid- en spageriewe en restaurante.

Die API-toekennings is op 24 Augustus in Johannesburg gemaak waartydens eiendomsontwikkelaars, verskaffers en eienaars prestasies in sewe kategorieë in die eiendomsbedryf ontvang het.

Die ontwikkelingwenners kom van Namibië, Ghana, Kenia, Nigerië, Mosambiek en Rwanda.

“Die kaliber van die inskrywings was van wêreldklas en die beoordelaars het gesukkel om die wenners te kies,” sê die API.

Die projekte is beoordeel volgens 'n wye reeks kriteria, waaronder ligging, infrastruktuur, vervoer­toegang, ­integrasie met die omgewing, oorspronklikheid van die konsep, teg­niese en argitektoniese kwaliteit, dienste aangebied, sensitiwiteit tot die plaaslike gemeen­skap, vol­houbaarheid, korporatiewe per­soneelbetrokkenheid, markaanvraag, finansiële prestasie, bed­besetting en die impak van die projek op die ­ekonomie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!