Strandjolyt kan gevaarlik raak
Mariselle Stofberg
Dit is weer die gewilde vakansietyd waar die Windhoekers met hul kinders, honde, katte, oumas en oupas en nog meer sak en pak kus toe trek.
Deel van hierdie groot trek, is Susan en Martha. Dié twee het die dag wat hul verlof aangebreek het met alles en sy kleinkind hul klein tjor gelaai en kus toe gevlug.
Opgewondenheid was hoog, want ná hierdie jaar verdien almal ’n wegkomkans. Dié twee was so opgewonde soos kinders in ’n lekkergoedwinkel.
Die tweede dag by die see besluit die twee hulle gaan strand toe. Maar nie net strand toe nie, hulle gaan behoorlik strand toe. Die handdoeke, gazebo, kampstoele, coolbox, sonhoedens en alles behalwe die bure se kat is ingepak. Na drie trippies tussen die motor en die strand is die groot trek afgehandel en hul plek is ingerig vir die dag vol strandplesier.
Wat wel belangrik is om te noem, is dat Susan vreeslik lief is vir haar Zorba en Coke en Martha geniet ’n stoute Malibu en Pepsi.
Ná die groot trek, beloon die twee toe hulself met die eerste drankie. Net bietjie versterking saam met die koeldrank, net vir die skop.
Ná dop een, besluit hulle dit is tyd vir doppie nommer twee. Susan vra dat doppie nommer twee tog effens sterker moet wees, want die eerste een het eintlik na niks geproe nie. Martha verstaan nie mooi nie, want die eerste een was taamlik sterk, maar besluit tog om die tweede drankie effens sterker te gooi.
Drankie drie volg kort op twee se hakke en teen hierdie tyd is die dames jolig. Daar word gesing en gesels. Susan vra weer dat doppie nommer drie sterker moet wees, want twee het ook na niks geproe nie. Martha verstaan glad nie hoe dit moontlik is nie, maar gooi tog die dop effens sterker.
Wat beide dames vergeet het, is dat Susan ’n ruk terug ’n gelukkige wenner van corona was, en dié kan steeds nie proe nie, wat ook sal verduidelik hoekom die drank net na koeldrank proe.
Tussen doppe vier en vyf het die probleme begin. Dop en son meng nie so lekker nie. Dus het die twee al behoorlik gegis, toe Susan besluit dit is tyd vir swem. Beide spring op, en val weer neer, maar spring toe weer op en hardloop soos jong skooldogtertjies water toe.
Susan is dadelik dieper in die water in, want dié wil soos ’n waffers Damduiker Daan meermin-meermin speel. Die branders slaan haar onderstevoor en agterstebo, maar sy is soos ’n kat met nege lewens. Susan giggel en spring met elke brander en met elke brander sluk sy ten minste twee liter seewater. Sy pluk haar beste danspassies uit en het behoorlik die tyd van haar lewe.
Martha is lief vir die see, maar is meer versigtig. Dié verkies die water waar meer van haar lyf bo die water uitsteek, sodat sy haarself kan verbeel sy is in beheer. Maar met elke brander raak dit moeiliker om regop te bly, want die son, branders en Malibu het die balans so effens uitgegooi.
Sy dink nog sy staan, dan rol sy op die strand. Hoe meer sy probeer opstaan, hoe harder slaan die branders haar, en dan rol arme Martha weer oor die strand. Susan sien die krisis agter haar, maar sy kan haarself nie eers help nie, want sy is so deurmekruis geslaan deur die branders dat sy nie meer haar naam of van onthou nie.
Al twee probeer net regop bly sodat hulle dit kan maak tot by die strand. Ná verskeie probeerslae, kry hulle dit reg om val-val terug te slenter na die handdoeke toe. Susan se een oorbel is weg, haar grimering lê op haar wange en haar neus is ‘n gevaarlike skakering van rooi gebrand.
Van Martha praat ons nie eers nie. Dié het ten minste drie spiere verrek, het meer sand in haar swembroek as wat op Duin 7 is en het soveel skaafmerke van haar strandrol-eskapades dat sy sukkel om te beweeg.
Beide is ook nugter geslaan deur die branders en besef weer hoekom dit beter is as jy die see nugter aandurf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie