Strate kry nuwe baadjies
Strate kry nuwe baadjies

Strate kry nuwe baadjies

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Volgens 'n onlangs gepubliseerde advertensie wil Windhoek se munisipaliteit die name van onder meer Monte Christoweg in Katutura en Lazarettstraat in die suidelike nywerheidsgebied in die hoofstad verander.

Volgens 'n verslag van me. Lydia Amutenya, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, het mnr. Moses Shiikwa, 'n raadslid van 'n plaaslike owerheid, gevra dat Monte Christoweg na Peter Eneas Nanyembaweg hernoem word.

Peter Eneas Nanyemba was 'n destydse bevelvoerder van die Volksbevrydingsleër van Namibië.

Die verslag dui ook aan dat Lazarettstraat na die voormalige president van Tanzanië, president Mwalimu Julius Kambarage Nyerere, hernoem moet word.

Die straat wat tans na president Nyerere vernoem is, sal deur die plekbenoemings- en hernoemingskomitee hernoem word.

Die plekbenoemings- en hernoemingskomitee het Bergstraat en Lazarettstraat vir hernoeming genomineer.

Die verslag dui aan dat Lazarettstraat in 'n area geleë is waar dit maklik sigbaar is - veral vir buitelandse besoekers.

Strate word gewoonlik vernoem na individue wat 'n bydrae tot Namibië se vryheid gelewer het.

Oudpresident Nyerere het 'n politieke, diplomatieke en ­materiële bydrae tot Namibië se vryheid gemaak.

Volgens die verslag was daar destyds pakhuise in Lazarettstraat en was dit vir nywerheidsgebruik ingespan.

Lazarettstraat sluit by Robert Mugabeweg in die ooste en Mandume Ndemufayoweg in die weste aan.

Die straat is een van die besigste ekonomiese deurgange in die hoofstad.

Volgens mnr. Scheifert Shigwedha, ook 'n munisipale woordvoerder, bestaan 'n grasie van 30 dae vir belanghebbendes om hul insette te lewer voor die straatname verander sal word.

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!