Strategie ontvou by Sportkommissie
Al 14 streke het 'n sê gehad en die nuwe plan is reeds na die onderskeie sportverenigings vir implementering gestuur.
Die Namibiese Sportkommissie (NSK) het sy strategiese plan vir die volgende vier jaar dié week by sy kantoor in Eros bekend gemaak.
Mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die NSK, het gesê talle gesprekke het sedert Februarie vanjaar tussen die sportverenigings en die regering plaasgevind en die plan is uiteindelik in Augustus deur die raad goedgekeur. Selfs die Namibiese Vrouesportvereniging, Sportvereniging vir Tersiêre Instellings (Tisan) en die Namibiese Skolesportunie (NSSU) is by die samesprekings vir insette betrek.
Die plan het breedweg vyf strategiese oogmerke, naamlik:
• Versterk sport met ontwikkeling en deelname.
• Bevorder bestuursvermoëns;
• Maak seker dat daar aan reëls en regulasies van relevante sportbeheerliggame voldoen word;
• Versterk die finansiële selfstandigheid van sportverenigings;
• Stimuleer prestasie op nasionale vlak.
“Ons het 25 rigtingwysers wat tot een doelwit lei – om die nasie te motiveer om in sport uit te blink en ons wil ook graag die doelwit bereik dat sport landwyd tot twee persent van die werkskepping bydra. Daar is seker gemaak dat ons 100 persent aan die ministerie van sport, jeug en nasionale diens se planne voldoen sodat daar saamgewerk kan word,” het Mwiya gesê.
Die volledige plan kan op die Sportkommissie se webblad besigtig of afgelaai word. Die bekendstelling is deur me. Emma Kantema-Gaomas, permanente sekretaris in die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, asook 'n paar presidente en rolspelers van die sportverenigings bygewoon. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie