Strategiese herskikking ná Covid-19
Só lyk die kernelemente
Dr. Kobus Laubscher - Soos enige ander besigheid is 'n boerdery veronderstel om 'n langtermynstrategie met duidelike, meetbare doelwitte te hê. Die sukses van so 'n strategie lê in die implementering en die belyning binne die strukture wat implementering moontlik maak.
Alhoewel droogtes siklies is, noodsaak enige eksterne skok soos die pandemie 'n herwaardering. 'n Mens moet bereid en in staat wees om strategiese ompaaie te maak, maar sonder om rigting te verloor in terme van die oorhoofse strategie.
Iemand het by geleentheid opgemerk, “Things are always different. The art is figuring out which differences matter.”
Dit is wonderlik om die verandering wat reën bring, te ervaar.
KERNELEMENTE
Vyf kernelemente kan strategiese herskikking op plaasvlak rig. Die elemente is 'n ontleding van die eksterne en interne realiteite, om seker te maak waarheen jy op pad is, besluit oor hoe om te kom waar jy wil wees, oor te gaan tot aksie en laastens vordering te meet.
Die pandemie dwing strategiese ompaaie af. Baie het verander en dit wat nie in die verlede gewerk het nie, gaan dalk nou werk.
Ontleed die werklikheid soos dit is en nie soos wat jy hoop dit moet wees nie. Bepaal watter kragte gaan teen en vir jou werk. Probeer om dit wat vir jou kan werk, in stand te hou of in 'n toestand te kry om dit te hefboom om die andersins negatiewe kragte te versag.
Betrek kundigheid en moenie die naaste bure of jou plaaswerkers oorsien nie. Kommunikeer gereeld oor die stand van sake, al is dit slegte nuus.
Openbaar 'n oop gemoed ten opsigte van nuwe idees as 'n middel tot bemagtiging – doen dit tot op die laagste vlakke.
Die uitdaging lê in herkalibrering van die balans tussen optimisme en skeptiese sinisme. Verdiskonteer “dit gaan weer eendag anders wees” versigtig en binne die interne realiteite van jou boerdery.
Hou die droom vir jou boerdery lewend, maar realisties.
Korttermynstrategieë sal as ompaaie nodig wees. Voor die hand liggende struikelblokke moet eers uit die weg geruim word.
Die vraag is nie net of die regte dinge gedoen word nie, maar of die regte dinge reg gedoen word.
Uitvoering behoort in die huidige tyd en aanpassing in die toekomstige tyd gedoen te word. Wees hard en ongenaakbaar met uitvoering en sagter met aanpassings ten opsigte van toekomstige uitdagings.
Moenie rondtrap tussen te veel moontlikhede nie; ontwikkel 'n plan om die uitdagings nou die hoof te bied.
SMART
Implementeer en meet doelwitte aan die hand van die sogenaamde SMART-beginsel. S vir Spesifiek – wees spesifiek oor wat jy jou ten doel stel; M vir Meetbaar – doelwitte moet meetbaar wees; A vir Haalbaar (Engels: “achievable”); R vir Realistiese doelwitte (is die bronne byvoorbeeld beskikbaar om te doen wat jy wil doen/bereik) en T vir Tydsgebonde (daar moet 'n tyd aan gekoppel wees – wanneer wil jy wat bereik?)
Vervolgens gaan dit oor besluitneming oor hoe om te kom waar jy wil wees.
Wanneer 'n mens verstaan wat jy wil bereik, is dit goed om van daar na die verlede terug te kyk.
Strategiese ontwikkeling behels noodwendig ook die prioritisering van doenbare stappe.
Sonder 'n goeie begrip van die sleutel strategiese aandrywers, kan die kritieke bepalers van sukses oor die lang termyn nie ontsluit word nie. Dit sluit alle tersaaklike hulpbronne in en moet handel met die werklikheid soos dit is, verwysend na die eerste kernelement.
Onthou, die pandemie het mense anders laat kyk en werk met die beskikbare gereedskap.
PADKAART
Met 'n goeie begrip van die pad wat geloop moet word – ons praat van 'n strategiese padkaart – moet daar tot aksie oorgegaan word. 'n Strategie is net so goed soos die implementering daarvan.
Baie leiers faal die vyfde kernelement omdat hulle nie die vordering teen doelwitte meet nie. Vergelyk dit met 'n pad na 'n bestemming. Gereelde padborde dui nie net aan of jy in die regte rigting beweeg nie, maar ook hoe jy vorder op pad na die volgende dorp. Soos wat jy vet moet gee vir 'n opdraande en spoedbeheer toepas op die gelykpad, behels meting ook dat voldoende finansiering deurlopend nodig is.
Genoeg brandstof moet ook beskikbaar wees om die rit na 'n beter môre te voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie