Strauss & Co doen kunswaardasies in Namibië
Direkteur Caro Wiese sê dis 'n wonderlike geleentheid om Namibiese kuns aan 'n wyer mark bekend te stel.
Deskundiges van een van Suid-Afrika se voorste afslaers en wêreldleier in Suid-Afrikaanse kuns, is tot Donderdag in Namibië om gratis waardasies van kuns, silwer, Chinese porselein en ander voorwerpe te doen.
Lede van die publiek word genooi om van hierdie spesiale geleentheid gebruik te maak.
Senior kunsspesialiste Alastair Meredith, Wilhelm van Rensburg en Ian Hunter sal waardasies van skilderye en werk op papier of beeldhouwerk van Suid-Afrikaanse, Namibiese en internasionale kunstenaars doen.
Volgens 'n verklaring deur Strauss & Co is die Suid-Afrikaanse kunsmark lewenskragtig en kunswerke wat deur die afslaers te koop aangebied word, trek sowel plaaslike as internasionale aandag.
Caro Wiese, 'n oud-Namibiër en direkteur van Strauss & Co, wat die deskundiges na Namibië vergesel, is opgewonde oor die besoek.
“Ek bly passievol oor die land en sy kuns. Hierdie is 'n wonderlike geleentheid om Namibiese kuns aan 'n wyer mark bekend te stel,” het sy gesê.
Tydens 'n onlangse vendusie deur Strauss & Co in Johannesburg is 'n wêreldrekord van R20 462 400 vir 'n meesterstuk van die Suid-Afrikaanse skilder J.H. Pierneef behaal. Belangrike werke van kunstenaars soos Irma Stern, Maggie Laubser, Alexis Preller, William Kentridge, Walter Battiss, Stanley Pinker, Erik Laubscher en Vladimir Tretchikoff is teen meer as R1 miljoen verkoop. Daar is ook 'n groot aanvraag na beeldhouwerke met werke van Anton van Wouw wat hoë pryse behaal.
Strauss & Co sal fokus op werke van Namibiese kunstenaars wat van tyd tot tyd op veilings kom en in aanvraag is.
'n Namibiese landskap deur Adolph Jentsch is vroeër vanjaar in Kaapstad vir R795 760 van die hand gesit, 'n rekordprys vir die kunstenaar.
'n Openbare lesing oor Pierneef, getiteld “'n Tydperk van ontdekking en meesterskap”, sal deur Alastair Meredith aangebied word. Pierneef het noue bande met Namibië gehad en het dikwels gesê hy het sy nis as landskapkunstenaar in Namibië gevind.
'n Donasie van N$30 ten bate van die “Come Together Workshops” in Windhoek, en in Swakopmund namens die plaaslike museum, sal hoog op prys gestel word.
Om afsprake te maak, kontak Susie Goodman by + 27 (0)72 896 7706 of by [email protected].
Swakopmunders kry Woensdag 21 Junie van 10:00 tot 17:00 die geleentheid om hul kunsskatte vir waardasie na die Swakopmund-museum te neem via die seekant-ingang na die lesingsaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie