Strawwe resiese tussen die voorlopers by kusdorp in vooruitsig
Tydrenne
Tielman van Lill - Die tweede ronde van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap spring môreoggend vroeg buite Walvisbaai weg.
Dié gesogte Shell V-Powertydren word jaarliks deur die gesoute Walvisbaai-motorklub op die kusdorp aangebied.
Die kompetisie was in die verlede altyd goed ondersteun en vanjaar het dit opnuut 16 bevestigde inskrywings gelok.
Ná 'n droewige 2019-tydrenseisoen vir Wilro Dippenaar het hy in Februarie die S4-klas met gemak tydens die eerste ronde by Gobabis met sy 4x4 Toyota Auris S2000 ingepalm.
Dippenaar, Allan Martin (die plaaslike held van Walvisbaai), asook Jaco Redelinghuys van Gobabis sal môre beslis op mekaar se spoor wees.
In die S1-klas by Gobabis was die kompetisie ewe straf met Welmie Kühn wat met haar 4x2 Toyota RunX vir Pieter Greeff en Mohatu gewys het waar Dawid die wortels gegrawe het. Kühn het besonders goed gejaag en die vrugte van haar harde werk gepluk.
Met die eerste kampioenskapspunte in die sakkie is dit 'n jammerte dat sy nie môre in die woestyn in aksie sal wees nie.
Greeff sal egter genoeg hê om hom besig te hou, want spanne soos Etienne van den Heever (4x2 Toyota Auris), Paul Oosthuizen (4x2 Toyota Corolla) en Gino Meyer (4x2 Toyota Corolla) staan reg om hom die stryd aan te sê.
Ondersteuners van Jan Everson en Fanie Botes sal verlig wees om dié duo weer in die S2-klas met Naartjie, Everson se 2 liter 4x2 VW Polo, in aksie te sien.
Zach Martin is besig om sy tande met Groenmamba in die S3-klas te slyp. Die jongman het hope talent en sy betroubare 4x4 VW Polo S2000 beskik oor genoeg byt om punte in die S4-klas te verdien.
VELDJAERS
Bertie Smit, wat laasmaand sy afdeling (CR1) met sy brullende V8-bakkie gewen het en algeheel eerste in die veldrenafdeling koning gekraai het, is ook môre by die kus te siene.
Stefan Labuschagne wat tweede algeheel by Gobabis was, is gereed om Smit met sy V8 Landy op seevlak te troef.
Stywe mededinging kan van Jacques Kruger (Toyota Hilux), Kai Pretorius (Sandmaster), Dirk Redman (Toyota Hilux) en Wido Bartsch (Ford Courier) voorspel word.
Verlede jaar se byeenkoms is deur Jaco Redelinghuys gewen, maar hy sal nie môre wegspring om sy woestyntitel te verdedig nie.
Die tydren oor 117 kilometer met nege spesiale sneledele spring om 10:00 regoor Cymot in die dorp weg.
Die inskrywings:
S1-klas (1.6 liter): 1 Pieter Greeff en navigator JP Robinson (4x2 Toyota Corolla), 2 Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (4x2 Toyota Corolla), 3 Gino Meyer/Riaan Hennop (4x2 Toyota Corolla), Etienne van der Heever/Willy van Wyk (4x Toyota Auris).
S2-klas (2.0 liter): 1 Jan Everson/Fanie Botes (4x2 VW Polo).
S3-klas (2.0 liter): 1 Zachary Martin/Maretha Olivier (4x4 VW Polo S2000).
S4-klas (1.6 tot 2.0 liter turbo's): 1 Oswaldo Mendes/Kes Naidoo (4x4 Mitsubishi Evo), 2 Allan Martin/Maretha Olivier (4x4 Skoda R5), 3 Isai Nhinda/Tinus Malan (4x4 Mitsubishi Impreza), 4 Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (4x4 Toyota Auris S2000).
Veldvoertuie, CR1-klas: 1 Jacques Kruger/Roche Louw (2.8 liter 4x2 Hiluxbakkie), 2 Kai Pretorius/Katja Pretorius (4x2 Sandmaster), 3 Bertie Smith/Dewald Venter (4x2 Mazdabakkie), 4 Wido Bartsch/Raymond Fourie (4x2 Ford Courierbakkie).
Veldvoertuie, CR2-klas: 1 Stefan Labuschagne/Lappies Labuschagne (5.0 liter 4x4 Land Rover), 2 Dirk Redman/ Flippie Fourie (2.8 liter 4x4 Hiluxbakkie).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie