Strawwe tweestryd by Döbra voorspel
Drikus Coetzee en Alex Miller kan mekaar vandag weer opdreun.
Tielman van Lill
Drikus Coetzee, Namibië se driemalige nasionale tydtoetskampioen, sal vandag by Döbra met die laaste byeenkoms in Food Lovers Market (FLM) se reeks sy kans moet aangryp om vir die vierde keer as kampioen gekroon te word.
Hy het reeds een van die vier byeenkomste gewen en twee naasbeste posisies behaal.
Verlede week Woensdag het hy by Matchless die tweede beste tyd ná Alex Miller aangeteken. Miller het minder as 'n sekonde voor hom die stophorlosie stop.
Coetzee moes by die eerste byeenkoms by die einste Matchless met sy steil klimgedeeltes die knie teen Miller buig. Vandag is egter 'n ander saak met die platter roete by Döbra wat Coetzee soos 'n handskoen pas. Hy het die eerste tydtoets daar gemaklik ingepalm.
Met twaalf deelnemers in die elite mansafdeling, is Miller en Kai Pritzen Coetzee se sterkste uitdagers, met Konrad Marais as buiteperd wat vir 'n opskudding met die laaste byeenkoms kan sorg.
Coetzee het sy land met onderskeiding by die 2018 Statebondspele (top-20) in Australië, asook by twee Afrika-kampioenskappe verteenwoordig waar hy onder die voorste vyf geëindig het. Hy is tans Namibië se enigste spesialis in dié dissipline waar die jaer in 'n soloresies teen homself en die horlosie gewikkel is.
Coetzee sê: “Ek wil graag (vandag) 'n goeie vertoning lewer. Ek is nie seker wie almal gaan deelneem nie, maar ek dink my kanse is goed om opnuut die knoop deur te haak. Die pad is platter as by Matchless en ek is beter oor dié tipe terrein as met klimme.
“Ek weet nie of Alex gaan jaag nie. Hy is op goeie peil en sekerlik my grootste kompetisie.
“Enigiets kan gebeur, maar ek wil graag die 19,6 km in minder as 25 minute voltooi, wat 'n briljante tyd sal wees. My tyd met die tweede byeenkoms by Döbra was 25:04.00 en ek sal graag hierop wil verbeter.
“Ek is dankbaar dat Food Lovers Market die platform vir tydtoetsjaers skep om meer kompetisie te kry. ”
Die veelsydige 19-jarige Miller, pas bekroon as die land se bergfietskampioen, het aan Republikein bevestig dat hy wel vandag by Döbra gaan jaag.
“Ek het wel twee keer by Matchless gewen, maar sal nie meer as een sekonde stadiger as Drikus kan eindig nie, as ek die reeks wil beklink.
“Drikus is my strafste mededinger en ek sal alles moet gee op die platter roete wat hom beter pas. Ek voel positief oor my kanse en gaan soos altyd my beste lewer,” het Miller gesê.
Michelle Vorster spog by die elite vroue met drie oorwinning ná drie renne.
Ná haar op die puntelys is Michelle Döman, gevolg deur Melissa Hinz. Dit wil lyk of dié drie vroue in dieselfde volgorde op die wennerspodium kan eindig.
“Dis my eerste jaar van deelname aan die reeks en hoewel dit lyk of ek reeds die reeks beklink het, sal ek wel vir die laaste een ook aantree. Ek verkies die klimroetes en Melissa vaar nogal goed op die platter roetes en in tydtoetse, so dit is altyd wonderlik om goeie mededinging te hê.”
SO WERK DIT
Om vir reekspryse te kwalifiseer, moet jaers aan minstens drie van die vier byeenkomste deelgeneem het en kry punte per posisie – 350 (1ste plek), 330 (2de), 310 (3de), 290 (4de), 270 (5de), 250 (6de), 230 (7de), 210 (8ste), 190 (9de) en 170 (10de). Elke ryer se beste drie punte word bymekaar getel om die algehele podiumposisie te bepaal. Indien twee ryers met dieselfde puntetotaal eindig, word elkeen se beste tyd van Döbra en Matchless se totaal gebruik om te kyk wie die vinnigste was.
Die huidige stand in die reeks:
Elite mans: 1 Drikus Coetzee (1 050, 3 renne), 2 Kai Pritzen (910, 3), 3 Konrad Marais (870, 3), 4 Marckenzy Eiseb (790, 3), 5 Brandon Plaatjies (730, 3), 6 Alex Miller (700, 2).
Junior mans: 1 Bergran Jensen (1 010, 3), 2 Jurgen van Wyk (910, 3), 3 Rayven Olivier (810, 3), 4 Hugo Hahn (700, 2).
Subveteraan mans: 1 Ingram Cuff (1 050, 3), 2 Jan-Louis Mostert (870, 3), 3 Horst Neumann (660, 2), 4 Christiaan Bean (640, 2), 5 Pierre Lambert (600, 2).
Veteraanmans: 1 Hans du Toit (1 050, 3), 2 Cobus Smit (990, 3), 3 Ruan Kotze (830, 3).
Meestersmans: 1 Louis Peens (1 030, 3), 2 Nick du Plessis (1 010, 3), 3 Sarel Boshoff (890, 3), 4 Tiaan Nel (870, 3), 5 André Huysamen (770, 3).
Elite vroue: 1 Michelle Vorster (1 050, 3), 2 Michelle Döman (950, 3), 3 Melissa Hinz (910, 3), 4 Lauren Pritzen (790, 3), 5 Irene Steyn (580, 2).
Junior vroue: 1 Monique du Plessis (1 050, 3), 2 Corrily Yates (660, 2).
Subveteraanvroue: 1 Maike Bochert (930, 3), 2 Sonja Obholzer (830, 3), 3 Binette Klein (790, 3), 4 Benita Kasch (700, 2), 5 Nicola Fester (660, 2).
Veteraanvroue:1 Sandra Lippert (990, 3), 2 Anneke Steenkamp (970, 3), 3 Marion Schonecke (910, 3), 4 Althea Husselman (790, 3), 5 Vicki Vosloo (730, 3).
Meestersvroue: 1 Karin Brockmann (1 010,3), 2 Mandy Huysamen (700, 2), 3 Janda Nel (620, 2).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie