Strawwe tye op hande
Strawwe tye op hande

Strawwe tye op hande

Dani Booysen
Dani Booysen - Ook gewone Namibiërs besef al vir geruime tyd dat die ekonomie deur 'n knersperiode gaan. Hulle voel dit, soos die sakesektor, aan eie lyf.

Verlede week se statistiese data, wat bewys dat die land homself in 'n resessie bevind, was dus nie só 'n groot verrassing nie. 'n Onaangename werklikheid, is dalk 'n beter beskrywing.

Dit is miskien nie so groot in omvang as die resessie wat in 2008 getref het nie, maar benadruk die belang vir 'n klein, kwesbare ekonomie soos ons land s'n om hom so goed moontlik teen interne en eksterne skokke te beskerm.

Met die feit dat die regering genoodsaak bly om besteding aan bande te lê – iets wat nog geruime tyd 'n gegewe gaan bly – is dit nie so eenvoudig as om die nodige stimulering deur middel van groter staatsbesteding te bewerkstellig nie.

Hoewel byvoorbeeld toerisme en landbou weer besig is om die kop te lig, is veral die konstruksiebedryf en mynwese ernstig in die knyp. Kunsmatige stimulering werk nie op die langer termyn volhoubare groei in die hand nie.

Dit sal interessant wees om die waterkrisis in sentrale Namibië se bydrae tot verlangsaming in harde feite te sien. Miskien ruk dit vermorsers tot insig.

Met 'n groot skuldlas is om rentekoerse te sny, soos met belastings, ook geen kitsoplossing nie. Verligting vir sommige, byvoorbeeld diegene met huislenings en klein ondernemings, kan wel meer geld in sirkulasie plaas.

Impakvolle beleggings bly saam met diversifisering, wat die ekonomie minder afhanklik van tradisionele kernbedrywe sal maak, nodiger as ooit.



So sê ander

18 Desember 2016



Rule of law



Visiting Singapore, President Duterte reportedly found a sympathetic ear in his push for capital punishment.

Right-to-life advocates have criticized Singapore for its state executions but not for extrajudicial killings.

What is raising concern about the Philippines in many foreign capitals is the brazen disregard for the law and the most basic of human rights in the continuing brutal war against the drug menace.

Few people will argue with the need to combat drug trafficking and the ruinous impact of drug addiction on the abusers and society. But waging a war with guns blazing, with little disregard for the niceties of the law and the right to life can only undermine even the most laudable objective.

Restoring capital punishment is unlikely to put an end to this cavalier attitude toward the law and human life.• THE PHILIPPINE STAR

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!