Streek- en munisipale konsultasies skop af
Augetto Graig
Windhoek se munisipaliteit en die Khomasstreekraad bedien dieselfde mense en daarom is besluit om dié twee owerhede se gemeenskapsvergaderinge saam te hou.
Dié benadering sal kommunikasie tussen inwoners en die twee regeringsinstansies verbeter, meen me. Rachel Jacob, voorsitter van die Khomasstreekraad.
Sy het Saterdagoggend by die bekendstelling van die reeks vergaderinge wat tot 19 Junie sal plaasvind, mense aangemoedig om gebruik te maak van die geleentheid. “Versprei die boodskap om te verseker niemand word uitgelaat nie,” het sy gesê.
Meer as tweehonderd inwoners van Otjomuise het die bekendstelling in die saal by Ramatex bygewoon, waar verskeie munisipale departemente verantwoordelik vir diensverskaffing aan Windhoekers, uitgestal het. Me. Margaret Mensah-Williams, voorsitter van die Nasionale Raad, Khomas se goewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua, die hoofstreekbeampte, mnr. Clement Mafwlia, en die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit, mnr. Fillemon Nangolo Hambuda, was ook sprekers by die geleentheid.
Burgemeester Muesee Kazapua het eers die voormalige en huidige politieke leierskap van die stad en die streek aan die gemeenskap voorgestel. Hy het dit ook met die senior bestuur van die stad gedoen en benadruk dit is ’n dag vir inwoners om persoonlik hul raadslede te leer ken en met hulle te gesels.
“Die geleentheid is geskep om munisipale dienste nader aan die mense te bring. Vandag neem ons die tyd om dienste nader aan ons inwoners te bring,” het hy gesê.
“Dit is belangrik om te noem dat die struktuur van die Harambee-welvaartplan bestaan uit ons nasionale begeerte aan armoede-uitwissing. Om dit te bereik, moet druk geplaas word op geïntegreerde beplanning en om dienste nader aan die mense bring. Windhoek se munisipaliteit en die Khomasstreekraad begin nou met ’n gesamentlike strategiese plan vir 2016 tot 2020. Ons twee owerhede het ook ons begrotingskonsultasies vir die boekjaar 2016-2017 verskerp. Hierdie twee gesamentlike inisiatiewe is in pas met die Harambee-plan en ander nasionale ontwikkelingsbeleide. Ons glo die geïntegreerde beplanning sal lei tot verhoogde doeltreffendheid in hulpbronverbruik, transformerende beplanning en gekoördineerde ontwikkeling,” het hy gesê.
Goewerneur McLeod-Katjirua het gesê sy is verheug om haar voorstel vir die gesamentlike openbare vergaderinge te sien realiseer. “Ons het ’n nuwe vorm van inklusiewe konsultasie nodig,” het sy gesê. “Ons moet die kapasiteit en geleentheid vir gesamentlike deelname verseker,” meen sy en stel voor meer meningsopnames moet gedoen word. “Diensverskaffers moet ook terugvoering gee aan mense, wat dikwels ’n kultuur- en gesindheidsaanpassing in diensverskaffing sal verg,” het sy gesê.
“Terugvoering moet plaasvind deur middel van platforms wat mense reeds ken en gebruik, soos SMS'e, gebedsgroepe, gemeenskapsontwikkelingsrade en skole,” sê sy. “Ons moet almal die gesamentlike agente van verandering wees en die groeiende gaping tussen gesogte uitkoms aan die een kant, en die waarheid op die grond, vermy. Ons moet gesamentlike eienaarskap van die ontwikkelingsproses neem,” het sy gesê.
Die eerste in die reeks vergaderinge het reeds in die Hainyeko-gemeenskapsaal plaasgevind, asook in die Nathaniel Maxwilili-gemeenskapsaal en op die oop terrein by Green Mountainstraat.
Vandeesweek sal dit Saterdagmiddag voortgaan by die Katutura-gemeenskapsaal, die John Pandeni-kiesafdelingkantoor en die kiesafdelingskantoor van Katutura-Oos. Sondag is die gemeenskap genooi na die oop terrein in Otjomuise, die Rocky Crest veeldoelige sentrum en die Eros Meisieskool se saal.
Saterdag 11 Junie vind dit by die Mix-nedersetting plaas en die daaropvolgende dag by Umti Lodge terwyl dit op Saterdag 18 Junie om eenuur by die Groot Aub-kiesafdelingskantoor gehou sal word. Die laaste vergadering sal op Sondag 19 Junie om twee-uur by die Onkugo ye Pongo-gemeenskapsaal plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie