Streek kan nie verlies aan Namibiese speenkalwers bekostig
Lewende hawe is landbou se lewensaar
Dr. Kobus Laubscher - Die gesegde van in die pekel wees, kry eersdaags nuwe betekenis in die Suider-Afrikaanse vleisbedryf wanneer die toegelate persentasie pekelwater in hoendervleis beperk word.
Met ’n kleiner persentasie pekelwater in hoender, sal die prys daarvan toeneem, wat noodwendig die samestelling van die verbruiker se vleismandjie gaan verander.
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se jongste ontledings wys op verminderde invoere van rooivleis met ’n duidelike toename in die uitvoer van hoë gehalte beesvleissnitte.
Die mate waartoe ’n verminderde vraag na ingevoerde beesvleis as betekenisvolle invoervervanging gesien kan word, is egter ’n ope vraag. Voerkrale se belangrikheid in terme van die vraag na speenkalwers bly belangrik. Die probleme met kalwers van Namibiese oorsprong is ontwrigtend oor die kort termyn, maar met ‘n invloed wat verder kan strek as die onmiddellike klompie maande. Institusionele inmenging bly dus ‘n faktor wat verreken moet word.
Bogenoemde is maar enkele van die faktore wat gaan lei tot betekenisvolle strukturele veranderings binne die vleisbedryf, met uitkring-gevolge vir die streek.
Strukturele verskuiwings
Die BFAP verwys na strukturele skuiwe wat die sterk groei van beesvleis-uitvoere tot gevolg het en gaan hê. Die verwagting van die groei in verbruik van die onderskeie komponente in die vleismandjie tot 2025, wys op die impak van veranderde dieet en besteebare inkomste.
Die per capita verbruik van hoendervleis en varkvleis sal na verwagting betekenisvol méér as bees en skaap op grond van bekostigbaarheid styg.
Die onderskeie verwagte stygings die volgende 10 jaar is 37% tot 5,2 kg per kop vir vark, 29% tot 42 kg per kop vir hoendervleis, 10% tot 2,6 kg per kop vir skaapvleis en 6% tot 13,5 kg per kop vir beesvleis.
Eierverbruik kan met 17% toeneem tot 8,5 kg per kop oor die volgende 10 jaar, sê die BFAP. Indien die ekonomie egter kop optel, kan dié syfers verander en verdere stygings moontlik maak.
Wat die aanbod van hoë gehalte beesvleis betref, verskaf voerkrale na raming tussen 80% en 85% en hier verskil die drywers ten opsigte van die volhoubaarheid van die aanbod van beesvleis vir verwerking.
Die aanduidings is dat laasgenoemde mandjie tekorte ervaar, maar dit kan verander met die veranderde wetgewing ten opsigte van pekelwater in hoendervleis. Die verwagte ná-droogte heropbou van kuddes kan ‘n verdere stremming plaas op beskikbare aanbod, want aanteeldiere se vraag kan aanbod oorskry.
Prysverhoudings
Prysverhoudings in hierdie marksegment kan betekenisvol verskil van die tendense van die onmiddellike verlede en produsente behoort hiervoor voorsiening te maak in hul beplanning, mits voldoende reën veldtoestande bevorderlik vir die heropbou van teelkuddes maak.
In hierdie verband lê die antwoord bepaald by ’n breë en meer streekgerigte oriëntering. Lewende hawe is die lewensaar vir die landbou in die streek, ongeag die maatstawwe wat gebruik word.
Die streek sal vir die afsienbare toekoms invoere van veral hoendervleis moet verreken en enige tekorte aan rooivleis sal uitvoerlande se aandag trek. Sodanige invoere sal die verbruiker bevoordeel, maar kan die mark vir rooivleis in die streek verwring.
In die lig hiervan kan die streek nie bekostig dat Namibiese produsente nié toegelaat word om speenkalwers na Suid-Afrika uit te voer nie. Behalwe die bydrae tot die aanbod van beskikbare vleis, swyg te veel van die betrokkenes oor die impak wat die afwesigheid van 240 000 speenkalwers het op werkskepping binne die waardeketting in Suid-Afrika. Betekenisvolle welvaartverliese is moontlik vanaf Namibiese produsentevlak tot by bemarkbare karkasse van voerkraal-oorsprong in Suid-Afrika.
Die streek se vleisbedryf is in afwagting op visioenêre leierskap om onmiddellike bedreigings die hoof te bied en beter munt te slaan uit die geleenthede.
Die bedryf beskik oor genoeg sterk punte om positief tot volhoubare mededingendheid by te dra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie