Streeptruie verras met oud-Bul op bank

Rugby
Roelof Smit, ’n baljagterflank wat sy brood en botter vir etlike seisoene in Pretoria en Johannesburg verdien het, is uit die bloute in die Westelike Provinsie se 23-tal vir Woensdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Bulle in die Kaapstad-stadion gekies (afskoptyd 20:00).
Smit (29), wat die afgelope seisoene by die Leeus deurgebring het nadat hy lank in die Bulle se kraal was, is op ’n “proefgrondslag” by die WP. Hy tel onder die Streeptruie se plaasvervangers.
Met sy spankeuse het die afrigter, Jerome Paarwater, ook ’n blik gegee op wat die Stormers voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapwedstryd teen die Bulle in die mou voer.
Twee van die uitblinkers in die afgelope naweek se oorwinning oor die Leeus – die agtsteman, Hacjivah Dayimani en slot Adré Smith – is nie in die groep nie. Dit beteken waarskynlik dat hulle deel van die Stormers se planne uitmaak.
Die veteraan-loskopstut Ali Vermaak, wat in Julie verlede sy haksening geskeur het, het ook na die WP se bank teruggekeer.
• Westelike Provinsie: Tristan Leyds, Angelo Davids, Leolin Zas, Cornel Smit, Paschal Ekeji, Tim Swiel, Thomas Bursey, Keke Morabe, Marcel Theunissen, Nama Xaba (k), Simon Miller, Connor Evans, Lee-Marvin Mazibuko, Chad Solomon, Kwenzo Blose. Reserwes: Jacques Goosen, Ali Vermaak, Corné Weilbach, Jarrod Taylor, Roelof Smit, Godlen Masimla, Chris Schreuder, Mnombo Zwelendaba.
– Netwerk24

FOTO’s
Roelof Smit, in die kleure van die Bulle, vat die Westelike Provinsie se Juarno Augustus in 2019 in ’n Curriebeker-wedstryd op Nuweland vas. Smit sal Woensdagaand in die Kaapstad-stadion teen die Bulle in ’n WP-trui speel. Foto Gallo Images

Ali Vermaak word van die veld af gehelp nadat hy in Julie verlede jaar teen Griekwas in die Kaapstad-stadion sy haksening geskeur het. Hy maak Woensdag sy terugkeer van die plaasvervangersbank af teen die Bulle in die Kaapstad-stadion. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!