Streke gerat vir Covid-19
Geriewe vir isolasie en kwarantyn is in verskeie streke geïdentifiseer.
Henriette Lamprecht
'n Algehele tekort aan voedsel vir weerlose inwoners en persoonlike beskermende klere (PPE's) vir beide gesondheidswerkers en wetstoepassers is van die grootste struikelblokke in streke se stryd teen Covid-19.
In die Khomasstreek het die goewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua, 'n gebrek aan hulpbronne, PPE, beperkte toetsstelle, gebrek aan geriewe vir kwarantyn en kos vir weerloses as van dié streek se grootste struikelblokke uitgesonder.
Tot op hede is 66 watertenks (1,9 miljoen liter water) in die streek versprei. Kospakkies is aan 6 622 geverifieerde begunstigdes uitgedeel.
Tans huisves die Khomasdal-stadion 95 en die Katutura-jeugsentrum 271 haweloses.
In die Kavango-Oosstreek is twee vermoedelike gevalle van Covid-19 tans in kwarantyn.
Volgens die streek se goewerneur, mnr. Bonny Wakadumo, is dié twee gevalle Namibiërs wat onderskeidelik 'n 16-jarige is wat Botswana besoek het en 'n vragmotorbestuurder wat Namibië via Botswana en Suid-Afrika binnegekom het.
Opknappingswerk aan kwarantyngeriewe by Nyangana in die Ndonga Linena-kiesafdeling en die Popa-malariakamp in die Mukwe-kiesafdeling gaan eersdaags begin.
Nog twee plekke – Divundu-gastehuis en die Popavalle-oord op Divundu – gaan ook as kwarantyngeriewe gebruik word. Planne is ook aan die gang om nog geriewe by te voeg.
noodinkomstetoelaag
Met verwysing na bewusmakingsveldtogte oor Covid-19 sê Wakadumo dit word op verskeie platforms in die streek gevoer en sluit 'n gereelde radiopraatjie met hom en streekraadslede as gaste in.
Volgens hom is ses watertenks in stedelike gebiede ontplooi, terwyl tenks ook in landelike kiesafdelings opgerig is. Die registrasie vir die noodinkomstetoelaag in al ses kiesafdelings het tot Dinsdag geduur.
Alle informele markte in Rundu het Maandag onder streng voorwaardes vir alle handelaars geopen, sê Wakadumo.
Een van die streek se grootste uitdagings is 'n gebrek aan PPE's. Die streek het volgens hom 'n versoek vir 2 000 PPE's gerig, maar het tot dusver net 35 ontvang.
Nog 'n uitdaging is formele besighede en klein- en mediumsakeondernemings (SME's) wat negatief deur die pandemie en gevolglike grendeltydperk geraak is.
Wakadumo stel voor massatoetsing word weens die Angolese-Namibiese grens gedoen, wat geopen is vir inwoners wat mediese sorg op Rundu vereis.
Immigrante
In die Zambezistreek word uitdagings by grensposte en padblokkades ervaar. Volgens die streek se goewerneur, mnr. Lawrence Sampofu, is 81 immigrante en inwoners tot dusver in hegtenis geneem wat na ander sones van die streek wou beweeg.
Volgens Sampofu het die streek sy komitee vir ramprisikobestuur in subkomitees vir veiligheid en sekuriteit, inligting, vervoer, kos, tegniese dienste, omgewingsbestuur en finansies verdeel.
Die grootste kopseer bly oorgrensbeheer, met onwettige immigrante wat per voet die grens oorsteek en dan 'n saamrygeleentheid saam met vragmotors op Katima Mulilo kry.
Tot op hede is 29 mense in kwarantyn in die streek. Met verwysing na die voorsiening van water sê Sampofu watertenks word ingespan, terwyl watertoevoer herstel is van die wie se water afgesny is.
Bewusmaking van maatreëls om die impak van Covid-19 in die land te bestuur, is een van die Kunenestreek se grootste prioriteite.
Volgens die goewerneur, mnr. Mariua Sheya, span verskeie rolspelers weens die grootte van die streek saam om inwoners van nedersettings te bereik. Voorbereidings is ook getref om vermoedelike Covid-19-gevalle in die streek te huisves.
Sou die vermoedelike gevalle in hospitale in die streek te veel raak, is skoolkoshuise as alternatiewe geriewe geïdentifiseer om dié gevalle te huisves.
In Omusati sê die goewerneur, mnr. Erginus Endjala, die streek het sleutelareas geïdentifiseer waar dit aan Angola grens.
Die streek het ook geriewe en gesondheidspersoneel in plek om gevalle van Covid-19 te hanteer.
mees weerlose
In die Ohangwenastreek is 32 geregistreerde verpleegsters in drie distrikshospitale op Eenhana, Okongo en Engela aangestel om in die stryd teen Covid-19 te help.
Volgens die goewerneur, mnr. Walde Ndevashiya, is 'n bykomende 14 nooddienswerkers en twee gesondheidsbeamptes ook aangestel.
Met verwysing na Angolese burgers wat daagliks na Namibië vir mediese hulp reis, het hy gesê reëlings is getref vir Namibiese gesondheidswerkers om medikasie na die grens vir dié inwoners te neem.
Die medikasie wat onder meer antiretrovirale medikasie (ARV) en medikasie vir tuberkulose insluit, word na grensposte vervoer van waar gesondheidswerkers uit Angola dit versprei.
Volgens Ndevashiya is daar Namibiese veewagters wat beeste in Angola laat loop en weens die grendeltydperk nie voer na die diere kan neem nie.
Spesiale permitte word oorweeg om hulle te help. Met verwysing na die voorsiening van water het hy gesê dit is tans 'n uitdaging om water aan die oostelike deel van die streek te voorsien.
Volgens hom is daar steeds gevalle van inwoners wat die grens tussen Namibië en Angola oorsteek. In die verband is polisielede ontplooi wat gereelde patrollies uitvoer.
Belasting
Verskeie sakelui in dié streek het ook 'n spesiale versoek aan die regering gerig om hulle vry te stel van belasting vir April en Mei omdat hulle besighede gesluit was.
Die meeste van die besighede is op Oshikango. Tot dusver het byna 35 000 mense in die streek vir die noodinkomstetoelaag geregistreer.
In die Erongostreek is die grootste struikelblok 'n tekort aan water in landelike gebiede weens die gebrek aan goeie reënval in sommige gebiede van die streek.
Die goewerneur, mnr. Neville Itope, sê die streek ondervind ook uitdagings met die verspreiding van voedsel aan die streek se mees weerlose inwoners.
Gesondheidsgeriewe het ook 'n tekort aan asemhalingsmasjiene, suurstoftenks, sowel as PPE's vir beide gesondheidspersoneel en wetstoepassers. Hy het verwys na Lifeline/Childline wat voedsel aan kinders in die streek geskenk het, terwyl NamPower agt 10 000-litertenks en drie droë sanitasietoilette aan behoeftige gemeenskappe geskenk het.
Volgens Itope is daar isolasie- en kwarantyngeriewe op Swakopmund, Walvisbaai, Usakos en Omaruru.
– Nampa en eie berig/
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie