Streng maatreëls geld vir entstowwe
Die dood van twee kinders ná immuniserings is volgens die staat nie entstofverwant nie.
Henriette Lamprecht – ’n Evalueringskomitee wat gevalle van beweerde entstofverwante sterftes ondersoek het, het bevind in een van die gevalle kan die sterfte aan onder meer ’n longinfeksie toegeskryf word.
Johanna Julien Mouers eis skadevergoeding van die staat ná die dood van haar dogtertjie Shareedon Faith Haraseb. Haraseb is op 17 Julie 2016 dood, drie dae nadat sy by die Windhoek Sentrale Hospitaal teen masels en Duitse masels ingeënt is.
In hofstukke sê mnr. Nicolas Shapumba in sy verklaring haar dood was die geval van ’n spastiese kwadruplegiese kind wat nie op enige behandeling vir stuiptrekkings was nie en wat ten tye van haar dood longontsteking gehad het. Die stuiptrekkings is moontlik deur die longinfeksie vererger.
Shapumba is ’n beampte by die nasionale immuniseringsprogram in die direktoraat vir primêre gesondheidsorg en deel van die komitee wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) in die lewe geroep is, om die verskeie gevalle van beweerde immuniseringsverwante sterftes te ondersoek.
Shapumba verwys in sy verklaring na streng maatreëls wat geld met die aankoop, vervoer en berging van entstowwe, sowel as ’n entstofmonitor (VVM) wat dien as ’n aanwyser of die entstof geskik is vir die toediening vir mense al dan nie.
Met verwysing na Haraseb, sê Shapumba sy is deur middel van ’n keisersnee op 32 weke vroeggebore. Al haar immuniserings was op datum. Sy is later met serebrale verlamming gediagnoseer. In Januarie 2015 is medikasie vir epilepsie voorgeskryf en Haraseb vir arbeidsterapie verwys. Tydens een van haar besoeke aan die sentrale hospitaal in Julie 2016 vir fisio- en spraakterapie het personeel aanbeveel dat Haraseb teen Duitse masels en masels ingeënt word. Laasgenoemde was deel van ’n nasionale immuniseringsveldtog teen die siektes.
Volgens Mouers was dokters tydens ’n opvolgbesoek daarna tevrede met haar dogter se vordering, hoewel sy “baie buierig” geraak het en met niemand wou kommunikeer nie. Sy het huilerig geraak, wou nie bottel drink nie en het ook nie goed geslaap nie.
Op 16 Julie het Mouers haar na haar ma geneem om hier te oornag omdat bure harde musiek gespeel en dit haar dogtertjie ontstel het. In Shapumba se verklaring sê hy die dogtertjie het episodes van stuiptrekkings gehad en wel drie keer binne minder as ’n uur.
Die oggend van 17 Julie het die ouma omstreeks 07:00 die dogtertjie na Mouers se huis teruggeneem. Sy het opgemerk Haraseb was stil en het aangeneem sy slaap. Mouers se suster het by nadere ondersoek egter gesien sy is dood.
Volgens Shapumba het verskeie mense in verskillende ouderdomsgroepe tydens die nasionale veldtog by die sentrale hospitaal entstowwe uit dieselfde groepnommer as dié van Haraseb ontvang. Die hospitaal het egter geen klagtes van mense ontvang wat op dieselfde dag op dieselfde plek geïmmuniseer is nie.
Mouers se saak is een van agt soortgelyke skadevergoedingseise. Ook voor die hof is dié van Hilde Namhadi en Frans Nangolo wat ’n eis ingedien nadat hul baba op 4 Januarie 2017 dood is. Die baba is dood ’n dag ná ’n immunisering by die Wanaheda-kliniek in Windhoek. Ook in dié geval is die ministerie se verweer dat die sterfte nie entstofverwant is nie. Namhadi se baba is ook vroeggebore, was ondergewig en het op ses weke en vyf dae 2,3 kg geweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie