‘Streng optrede’ kom ná aanval in Sirië

Terwyl wêreldleiers beloof dat die Siriese bewind aanspreeklik gehou sal word vir die chemiese aanval waarin talle burgerlikes dood is, is geen konkrete besluite nog geneem nie.
Pres. Donald Trump van Amerika sê diegene wat verantwoordelik is vir die beweerde chemiese aanval in Sirië kan verwag dat daar streng teen hulle opgetree gaan word.

Volgens die BBC News besluit Westerse leiers nog wat om te doen.

“Ons het baie militêre opsies,” het Trump aan verslaggewers gesê. Hy sê dat daar binnekort ’n besluit geneem sal word oor wat hulle te doen staan.

Trump sê Amerika het ’n goeie idee wie verantwoordelik was vir die aanval Saterdag in Douma.

Dokters sê dat dosyne mense dood is in die aanval, maar dat die presiese dodetal onmoontlik is om te bevestig.

Trump het ook die voorval Maandag met pres. Emmanuel Macron van Frankryk bespreek. Albei leiers wil glo ferm optree.

Theresa May, premier van Brittanje, sê dat sy die beweerde barbaarse chemiese aanval ten sterkste veroordeel en het gevra dat die ondersteuners van pres. Bashar al-Assad van Sirië tot verantwoording geroep moet word.

Die veroordeling van Westerse leiers kom ná ’n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad waar Amerika en Rusland harde woorde oor die voorval laat val het.

Vassily Nebenzia, Rusland se verteenwoordiger, het gewaarsku dat militêre optrede deur Amerika ernstige gevolge kan inhou.

Nikki Haley, Amerika se gesant, sê dat Rusland as ’n Siriese militêre ondersteuner “bloed van Siriese kinders” op sy hande het en het Assad as ’n “monster” beskryf.

Haley het gevra dat daar Dinsdag gestem moet word vir ’n konsepresolusie om ’n nuwe ondersoek in te stel na die gebruik van chemiese wapens in Sirië.

Rusland sê dat hy nie die voorstel kan ondersteun nie omdat dit “onaanvaarbare elemente” bevat.

Die Siriese-Amerikaanse mediese vereniging sê dat meer as 500 mense na hul mediese sentrums in Douma in die oostelike Ghouta-streek naby Damaskus gebring is.

Hul simptome sluit in asemhalingsprobleme, ’n blou vel, mond wat skuim, brandwonde aan hul korneas en die afskeiding van ’n chlooragtige reuk. Dit dui daarop dat hulle blootgestel was aan ’n chemiese middel.

Die gebied is afgesper en toegang is verbied. – Netwerk24/BBC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!