Stres ontlaai vir perde en jokkies
Perdesport
Die Okahandja-perderesiesklub bied Saterdag ’n perderesiesbyeenkoms by die Okahandja-turfklub aan.
Perde van die klubs en telers Okaondeka, Kaumbangere, Okahandja, Ohauro, Professor, Mouton, Kelsoo, Aminuis en Angermund sal in agt resiese meeding.
Een van die organiseerders, Otis Kotjipati, het aan die nuusagentskap Nampa gesê die gebrek aan kompetisies vanweë Covid-19 die afgelope twee maande het die stresvlak onder perde laat styg en dit is nou ’n geleë tyd om van hierdie senuagtige energie ontslae te raak.
“Perderesies het die groen lig gekry om te mag deelneem omdat dit nie ’n kontaksport is nie. Dit is ook ’n kans vir die perde om hul vlak van gereedheid te lig voor die latere groot byeenkomste,” het Kotjipati gesê.
Hy sê die geleentheid wat om 11:30 begin, sal die gees van samesyn onder perdesportliefhebbers ook bevorder.
“Ons het nie ’n borg vir die geleentheid nie, maar daar sal pryse vir die eerste, tweede en derde posisies wees om die deelnemers te motiveer.”
Hy het bywoners herinner om aan die maatreëls teen die coronavirus gehoor te gee. ’n Maksimum van 50 mense kan dus op enige gegewe tyd op die perseel toegelaat word.
“Ons sal met sekuriteit by die hek verseker dat die regulasies gehandhaaf word.”
’n Paar nuwe perde sal op Okahandja hul debuut teen die gesoute aanspraakmakers maak.
Die hoofresies vir die dag sal oor 1800 meter strek, waar twee perde van Oakahandja, Rockley Beach en Starlile, as vooraf gunstelinge gereken word.
• Nog ’n perderesiesbyeenkoms word Saterdag op Aminuis aangebied, waar perde vanoor die Omahekestreek na verwagting sal meeding. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie