Stres, stokperdjies en gemoedsrus
Stres, stokperdjies en gemoedsrus

Stres, stokperdjies en gemoedsrus

Sanet Pearson
Voel jy party dae dat jy nie meer die druk by die werk, by die huis, op ons paaie, ag sommer orals, meer kan hanteer nie? So ver soos wat jy gaan, verskree jy almal en jy begin jou naels kou al het jy dit nog nooit in jou lewe gedoen nie. Of kom jy agter dat jy minder hare het soos jy dit elke dag bietjie vir bietjie van frustrasie uittrek?

Stres word in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) omskryf as die aanhoudende gevoel van bekommernis, ’n oorspannendheid van die gemoed, veroorsaak deur ’n te groot werklas, te veel verantwoordelikheid, tweespalt, ’n onsekere toekoms, spanning en druk.

Ek dink die grootste oorsaak van stres is dat meeste mense nie ’n uitlaatklep vir hul stres het nie. Daar is baie dinge wat vir ons lekker is om te doen, maar as gevolg van alledaagse roetine kry ons nooit tyd om dit te doen nie. Dit is waarom stokperdjies belangrik is.

Die HAT omskryf ’n stokperdjie as iets wat jy in jou vrye tyd doen omdat jy dit geniet; tydverdryf.

Daar is baie stokperdjies om van te kies, maar dit wat jy besluit om te doen, moet vir jou lekker wees, dit moet werklik plesier verskaf en jou laat onspan. Jy moet daardie warm gevoel kry wanneer jy aan jou stokperdjie dink, nie daai weghardloop gevoel wanneer jy nie lus is om iets te doen nie. As jy in die proses iets nuuts leer, en/of jou stokperdjie bring dalk vir jou ’n ekstra broodnodige geldjie in, is dit soveel beter.

Daar is verskillende tipes stokperdjies naamlik om items te versamel, aktiwiteite soos joga, dans, parkour, valskermspring en bergklim, kreatiewe aktiwiteite soos skilder, poësie en literatuur, aktiwiteite met betrekking tot troeteldiere en die laaste is naaldwerk, borduurwerk, brei en seepmaak.

Volgens die internet het party Hollywood-sterre ook stokperdjies.

Mila Kunis is mal oor videospeletjies soos World of Warcraft. Sy is ook 'n groot aanhanger van Star Trek. Ben Stiller is ook ’n baie groot aanhanger van Star Trek. Angelina Jolie versamel dolke. Sy versamel dit al sedert haar tienerjare.

Rod Stewart is mal oor speelgoedtreine. Johnny Depp versamel glo poppe van bekendes en versier dit met items wat hul situasie voorstel. Tom Cruise het ’n kamer in sy huis waarin hy sy skermkuns kan oefen. Katie Holmes geniet handwerk soos naaldwerk. Simon Cowell is dol op tekenprente soos The Flintstones en The Jetsons en om boom te klim. Susan Sarandon is mal oor tafeltennis en Leonardo DiCaprio versamel beeldjies. Sy gunstelinge sluit in Star Wars-beeldjies en ’n He-Man-beeldjie van 1982.

Miskien is dit ’n goeie Nuwejaarsvoorneme om ’n nuwe stokperdjie te begin wat jou ure se genot kan verskaf en ’n uitlaatklep vir jou stres is. Dit kan nie skade doen om dit te probeer nie. Dit kan dalk net die oplossing wees!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!