Strewe na goud in Gold Coast
'n Klompie Namibiërs is vanaf volgende week in aksie met drome om hul merk op Statebondvlak te maak.
Andrew Poolman - 'n Uitsoekgroep van 28 Namibiese sportmanne en vroue versamel in die komende dae in die Gold Coast in Australië, waar die 2018 Statebondspele se openingseremonie op Woensdag 4 April gehou word.
Namibië sal in ses uit die 19 sportkodes verteenwoordig word. Spanne van altesame 71 lande sal vir die skouspel aantree.
Hoewel aangevoer kan word dat Namibië die afgelope jare al hoe meer sukkel om op die hoogste internasionale vlak kompeterend te bly, bied die vierjaarlikse Statebondspele altyd 'n nuwe geleentheid vir helde om “teen alle realistiese verwagtinge in” op die voorgrond te tree.
Net een huidige spanlid het tevore 'n medalje by 'n Statebondspele verower, naamlik die bokser Junias Jonas met 'n silwer vier jaar gelede in Glasgow.
Die man wat hom in die finaal met punte geklop het, Josh Taylor van Skotland, het intussen die professionele arena betree en is met 'n onoorwonne rekord in 12 gevegte (elf uitklophoue) op die drumpel van 'n wêreldtitelgeveg.
Jonas, nou 24, sal soos gewoonlik vol selfvertroue en ambisie wees om nuwe, positiewe hoofopskrifte te maak nadat sy Olimpiese debuut in 2016 so skouspelagtig ontspoor het.
Ander spanlede met vorige internasionale prestasies van topgehalte sluit in Afrika se vinnigste gesiggestremde naelloper Ananias Shikongo (2016 Paralimpiese kampioen in die 200 meter); die rolbalspeler Douw Calitz (enkelspel wêreldkampioen in 2003) en Helalia Johannes (12de by die 2012 Olimpiese Spele).
INSPIRASIE
Vanjaar se Namibiese span bevat opnuut verskeie inspirerende agtergrondstories.
Die artistiese gimnas Robert Honiball het 'n terugkeer tot die sport gemaak en sal op 36-jarige leeftyd vir sy derde Statebondspele aantree. In 2006 in Melbourne het hy die finaal gehaal (17de) en vier jaar later, as Afrika-kampioen op die ringe, was hy weer in Delhi in aksie.
Nadat hy verskeie hersteltye ná ernstige beserings oor die jare moes oorkom, verklaar Honiball op die Spele se amptelike webblad: “My ambisie is om die perke van my potensiaal binne my gegewe omstandighede te ontdek; om jong gimnaste in Namibië te inspireer; om hoëprestasiesport in Namibië te help vestig; en om hoop te laat herleef onder middeljarige mans en vroue wat met verlore drome in hul verlede leef.”
Dan is daar Drikus Coetzee wat in 2014 in Glasgow die land se eerste en enigste verteenwoordiger in die driekamp was (25ste).
Vier jaar later het die gebore Swakopmunder 'n suksesvolle verwisseling gemaak om die nasionale padfietsspan te haal – terwyl sy jong opvolger in triathlon, Jean-Paul Burger (21), ook in eie reg 'n hoogs opwindende talent is.
VOETSPORE VAN DIE GROTES
As een van die wêreld se kleiner sportlande (in elke opsig) was medaljes by die Statebondspele vir Namibië nog altyd dun gesaai. Die goue era was waarskynlik in 2002, toe vyf medaljes in drie sportkodes verower is.
Sedert die land se debuut in 1994 is altesame 18 medaljes teruggebring, met die volledige lys soos volg:
1994 Victoria, Kanada: Frank Fredericks goud in die 200 m (19.97 s) en brons in die 100 m (10.06 s).
1998 Kuala Lumpur: Frank Fredericks silwer in die 100 m (9.96 s); Elizabeth Mongudhi brons in die marathon (2:43:28); Cathy du Plessis en Lynne Lindsay-Payne silwer in die rolbal parespel, toe hulle die eindstryd teen Skotland met 31-8 verloor.
2002 Manchester: Frank Fredericks goud in die 200 m (20.06 s); Agnes Samaria brons in die 800 m (1:59.15); die boksers Joshua Veikko (veergewig) en Paulus Ali Nuumbembe (weltergewig) kry elkeen 'n brons; Friedhelm Sack en Boelie Malherbe kry brons in die lugpistoolskiet vir spanne.
2006 Melbourne: die bokser Japhet Uutoni goud in die ligvlieggewigklas; Friedhelm Sack brons in die 10 m individuele lugpistoolskiet.
2010 Delhi: die bokser Japhet Uutoni silwer in die ligvlieggewigklas; Johanna Benson brons in die Paralimpiese T37-klas 100 m (14.81); Gaby Ahrens brons in die kleiduifskiet.
2014 Glasgow: die bokser Junias Jonas silwer in die ligweltergewigklas; Lahja Ishitile brons in die T12 100 meter (13.40 s); Johanna Benson brons in die T37 verspring (3.82 m).
• Die volledige Namibiese span na die Gold Coast:
ATLETIEK
Vroue-marathon: Helalia Johannes, Ndeshimona Leena Ekandjo, Lavinia Haitope.
Mans-marathon: Paulus Iiyambo, Reonard Namupala, Uveni-Nawa Kuugongelwa.
Driesprong: Roger Haitengi
400 meter hekkies: Hardus Maritz
Robert Kaxuxuena (afrigter), Madeleine Kotze (spanbestuurder)
ROLBAL
Vroue: Sheena du Toit (driespel, vierspel en spanbestuurder), Marietjie van den Bergh (driespel en vierspel), Anjuleen Viljoen (driespel), Lesley Vermeulen (driespel en vierspel).
Mans: Graham Snyman (vierspel en spanbestuurder), Carel (Cabous) Olivier (driespel en vierspel), Douw Calitz (driespel en vierspel), Will Esterhuizen (driespel en vierspel).
BOKS
Jonas Junias Jonas (64 kg, ligweltergewig)
Matias Hamunyela (45 kg, ligvlieggewig)
Tryagain Ndevelo (60 kg, liggewig)
Israel Hamutumbangela (afrigter, spanbestuurder), Kashera Shiyemo (afrigter, spanbestuurder).
FIETSRY
Vera Adrian (padresies en individuele tydtoets)
Michelle Vorster (bergfietsry)
Dan Craven (padresies)
Martin Freyer (padresies en individuele tydtoets)
Drikus Coetzee (padresies en individuele tydtoets)
Tristan de Lange (padresies en bergfietsry)
Irene Steyn (afrigter, spanbestuurder)
Hans du Toit (afrigter, spanbestuurder)
Tjipe Murangi (meganikus)
GIMNASTIEK
Robert Honiball (artistiese gimnas), Lindsay Adams (afrigter, spanbestuurder)
PARALIMPIESE ATLETIEK
Ananias Shikongo (T12-naelloper, 100m, 200m)
Even Tjiviju (gidshardloper, T12 100m, 200m)
Barbara Fernandez van Kuba (afrigter, spanbestuurder)
TRIATHLON
Jean-Paul Burger (atleet), Erna Burger (afrigter/spanbestuurder).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie