Stroopsoet bank
Tanja Bause - Dié bank sal jou nie in die rug steek nie, maar dalk wel op 'n ander plek.
Die Namibiese byeboer mnr. Roland zu Bentheim is Dinsdag na die La'Marmite-restaurant in Onafhanklikheidsrylaan ontbied om 'n swerm bye uit 'n rusbank te haal.
“Ek skat sowat 5 000 bye is al byna twee weke lank in die rusbank,” sê hy.
Volgens me. Justina Hamatwi, die restaurantbestuurder, was personeel van die bye bewus, maar het hulle aangeneem die blomme in die eetplek se tuin lok die insekte.
“Sondag het ons hier skoongemaak en daar was baie bye. Een van my werkers het toe gesien hoe hulle in die rusbank inklim. Toe ons ondersoek instel, het ons hulle in die rusbank gehoor. Ter wille van die kliënte se veiligheid het ons Zu Bentheim gebel om die bye veilig te verwyder,” sê Hamatwi.
“Daar is nie genoeg kos vir hulle nie. Daar is net vyf groot heuningkoeke. Wanneer daar baie kos is, maak hulle heuningkoeke binne 'n paar dae, maar weens die droogte en min kos skat ek hulle is al twee weke lank in die rusbank besig,” sê Zu Bentheim.
Op 29 Oktober vier Namibië Wêreldbyedag.
Volgens die byeboer speel bye 'n belangrike rol in voedselproduksie en moet byekorwe by hom aangemeld word sodat die bye veilig verwyder kan word en nie vernietig word nie.
“Groot kommer heers wêreldwyd oor kwynende bygetalle en dit kan 'n daadwerklike invloed op voedselproduksie hê. Heuningbye bestuif tot 80% van die wêreld se plante. Sonder bye sal daar byvoorbeeld byna geen appels wees nie,” sê hy.
Mense wat 'n swerm bye by hul huise gewaar, kan vir Zu Bentheim by 081 635 7323 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie