Stropers gedy in netwerke
Namibiese boere se algemene uitgelewerdheid aan die aanslae van stropers is ‘n langdurige probleem waarvoor owerhede spoedig ‘n doeltreffende oplossing moet vind.
In gister se leiberig is hierdie nood, uitmergeling en frustrasie opnuut met skokfeite uitgebeeld.
Dit is skrikwekkend om te dink dat ‘n bejaarde egpaar wat reeds vir 43 in die omgewing van Otavi boer die afgelope vyf jaar 480 beeste verloor het. Dit is byna 100 diere per jaar en hierdie syfer sluit die onwettige slagting onder wild, wat boere ook ervaar, uit.
Die egpaar wil hul nou direk tot president Hage Geingob wend.
Verskeie boere komplimenteer die polisie dat hulle dikwels gou reageer en inhegtenisnemings uitvoer, maar in ‘n japtrap is verdagtes weer vry op borgtog.
Stropery word as winsgewende bedryf ondersteun deur uitgebreide netwerke. Sonder om daardie netwerke te isoleer en in geheel af te takel, kan daar min volhoubare sukses wees.
Die meeste boere is bewus dat hulle nie die reg (roer) in eie hande mag neem nie.
Teen hierdie agtergrond is dit effe kommerwekkend dat die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, onlangs op Omega gesê het wildstropers sal soos Namibië se robbe uitgedun word. Mense mag dalk bly wees oor hierdie ysere waarskuwing, maar in die konteks van die reg en wet is dit ‘n omstrede uitspraak deur die opperhoof van wetsbewakers.
‘n Skiet-en-vra-later-vrae-beleid is gevaarlik. Sulke optrede bereik nie die baie ander betrokkenes wat stropersnetwerke bedryf en in stand hou nie.
So sê ander
3 Augustus 2016
OVK kan aansien herwin met dié verkiesing
Min dinge het vir Suid-Afrika wêreldwyd so ’n positiewe invloed gehad as daardie historiese stemdag 27 April 1994 en die daaropvolgende dae toe die land se kiesers vreedsaam in lang toue gaan staan het om te stem.
Onder toesig van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is verkiesings sedertdien gekenmerk deur deursigtigheid en geloofwaardigheid.
Om verskeie redes, veral die toenemende ontevredenheid oor pres. Jacob Zuma en sy beheer van belangrike instellings, het die land se beeld die afgelope aantal jare ’n groot knou weg. Dié probleme het in ’n mate ook na die OVK oorgespoel.
Wanneer miljoene kiesers vandag (gister) hul kruisies gaan trek op meer as 79 miljoen stembriewe by meer as 22 000 stempunte, wys Suid-Afrika hopelik aan die wêreld opnuut ’n vasberade passie vir demokrasie. En ’n OVK wat sy tradisie van onpartydige verkiesings voortsit.
• NETWERK 24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie