Stropers vasgevat
Die polisie sê wildmisdaad in Namibië neem toe én raak al meer gewelddadig.
Francoise Steynberg - Die Namibiese polisie het sedert 2014 altesaam 380 verdagtes in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem.
Volgens 'n verklaring van die adjunk-inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, genl.maj. James Tjivikua, het die polisie nie op hul louere gerus in hul stryd teen wildstropery nie.
Die meeste verdagtes, altesaam 158, is verlede jaar in hegtenis geneem. Dit sluit in 36 vir olifantstropery, 47 vir renosterstropery, 69 vir ander wild soos klein soogdiere en ses is in verband met vuurwapenverwante sake by stropery in hegtenis geneem.
In 2015 is altesaam 150 verdagtes in verband met wildstropery in hegtenis geneem. Dit sluit in 35 vir olifantstropery, 37 vir renosterstropery, 69 vir ander wild en nege in verband met vuurwapenverwante sake tydens tropery.
In 2014 is altesaam 65 verdagtes vas waarvan 20 vir olifantstropery, vier vir renosterstropery en 41 vir ander wild.
Tot dusver is vanjaar drie verdagtes in verband met olifantstropery in hegtenis geneem, twee vir renosterstropery en twee vir ander wild.
Tjivikua erken dat Namibië ongekende vlakke van veral renoster- en olifantstropery in nasionale parke ervaar. Hy erken ook dat wildmisdaad in Namibië 'n nuwe kwaliteit van geweld en verhoogde tempo van voorvalle ervaar.
"Goed georganiseerde gewapende bendes gaan weerlose gebiede binne en misdaadsinkdikate organiseer die smokkel van horings en olifanttande deur komplekse netwerke na buitelandse markte," sê Tjivikua.
Hy sê egter wetstoepassers is vasbeslote en gereed vir die taak om hierdie bedreiging hok te slaan.
"Met erge dreigemente van stropery deur eksterne misdaadsindikate, het ons 'n nasionale strategie oor wildbeskerming en wetstoepassing vir 2016 tot 2020 aanvaar wat van krag is," het Tjivikua gesê.
"Dit sluit in verskeie nasionale strategiedoelwitte, strategiese benaderings, betrokkenheid van die gemeenskap en belanghebbendes en koördinasie-inisiatiewe saam met spesifieke aktiwiteite."
Dit is die rede waarom verskeie teenstropery-eenhede in nasionale parke ontplooi is.
Voorts sê Tjivikua die Natuurbewaringsordinansie No. 4 van 1975 is al vir 'n ruk onder hersiening en die Wet op Beskermde Gebiede en Wildbestuur moet dringend gepromulgeer word.
"Baie belangrik is die behoefte om in ooreenstemming met die strategiese benadering 'n teenstropery-eenheid in die ministerie van die omgewing en toerisme te vestig. Hulle moet die vermoëns, motivering en die toewyding van die stropers wat hulle moet beveg, ewenaar of oorskry. Dit gaan binnekort realiseer," het Tjivikua gesê.
Hy het 'n onlangse mediaberig gekritiseer wat oor "skietmal wetstoepassers" berig het: "Wetstoepassers werk in haglike en moeilike omstandighede wat hul lewens bedreig. In 'n oogwink word van 'n beampte verwag om 'n kritieke besluit teen gewapende bendes of stropers te neem wat die gewoonte het om eerste op ons wetstoepassers te skiet."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie