Struikelinge op die pad van die taal wat ons praat
Des Erasmus - Hier uit die dieptes van die verre Suide kom daar nou die dag ’n helder vrouestem oor ’n krakerige bedradiotjie, want buite waai ’n winterswind. Sy vertel van die “happening” wat doer in die afgeleë gebiede van die kleinveeboere gehou gaan word. In die gees van die Olimpiese Spele gaan die kleinspan hol, ’n koortjie gaan optree en daar gaan ’n veeveiling gehou word. Die aand gaan Rooies van Namakwaland die kunstenaar wees.
Balke toe, sodat die misvloer gevee kan word.
Mooi! Maar toe sê sy dit is “absolutely amazing”. Net daar smyt sy my uit haar taalwa waarvan sy die wiele met haar mooi uitspraak en aansteeklike vrolikheid gesmeer het. Sy kon in my hart gebly het met iets soos wonderbaarlik. Selfs die Duitse raakwoord sou beter wees: “Wunderbar!” Sy sleep my wel aan ’n hempsmou terug op haar taalwa met die verkondiging van ’n veeveiling wat deel van die “happening” gaan wees.
Dit is ’n geleentheid wat ons kleintyd as boertjies in ’n Engelse geweste as niks anders as ’n “stock fair” geken het nie, maar ons het nie die betekenis geken nie en dit sommer as ’n stokvêr uitgespreek. ’n Stok vêr van wat af, dit wis ons nie. Eers met die grootword het ons geleer dat daai “stock” lewende hawe is wat dan by ’n “fair”, ’n verkoopsgeleentheid, aangebied gaan word.
Self word ’n stokvêr as ’n groot geleentheid onthou. So ’n dan en wan is ’n bokwa of ’n perdekar, as gevolg van sy voorkoms, ’n spaaider genoem, of so iets ook as ’n aanhangsel tot die veeveiling aangebied. Die boere was daar in hul kakiebroeke en -hemde en het soos voëls aan die kraaldraad gehang met die babbelende afslaer wat sy lawaai opgeskop het. Almal het van mowwe, pleks van merinoskape, gepraat. Onder die omstanders was ook die predikant, maklik uitkenbaar aan die wit das wat hy gedra het. Almal, geref of gehervorm, Metodis of Anglikaan of Katoliek, het hom gerespekteer. Kinders het tussen miskoeke gespeel en aangemaakte rooi koeldrank gedrink.
En die ongelukkige Grieta-kind in ’n rolstoeltjie ná haar verlammende siekte was toegelaat om met ’n bleek handjie oor ’n hansmoflam se neus te vryf.
Hanslam? Hier in Basterland het ek ’n politikus van aansien op sy eie werf teen ’n hanslam hoor waarsku: “ ’Sop die skabaans, hy stot.” Dis nou vir ’n hanslam wat deur die kwajongens geleer is om te stoot. Brandewyn word lawaaiwater en die KWV vir brandewyn staan vir Karel Wye Voete.
Oorkant die grens kan verluister word aan die Namakwalanders. Hulle praat van ’n rampspoedige valslag as ’n nekbreekval waarna jy middeltwee gelê het. Verneem jy na die oudste seun wat as ’n vryersklong die naweek weg is, kom die antwoord: “Hy’t gaan bul.”
Vriend Gert van der Merwe van Hentiesbaai skerts ook oor die Namakwalanders se taalgebruik. Dan vertel hy hoe hulle die spelling van ’n mofskaapram klank: mê-o lang fê- sk2xa-p-ramê. Selwers het ek oumense hoor vertel van hul klank- en speltoetse en hul worstelings met Engels. So was hulle in hul laerskooldae gevra om die Engelse “school” te spel. En hulle spel slangetjie vir die S, halwe hoepeltjie vir die C, he vir die H, hoepeltjie en hoepeltjie vir die twee O’s en le vir die L - slangetjie, halwe hoepeltjie, he, hoepeltjie, hoepeltjie, le.
Al die struikelinge terwyl juis Afrikaans as jong taal sulke pragtige skeppingsgeleenthede bied. Eens was die Engelse “scooter” ’n probleem. Toe kom bromponie as ’n pragtige oplossing, soos wat ’n branderponie en ’n kruiptrekker almal ander kolskote was.
Eendag op ’n mooi dag gaan ek weer deur Basterland ry. Dalk sommer aanstoot Namakwaland toe.
Die diesman belowe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie