Stryd duur voort teen ouderdom wat alles breek
Streng toelatingsvereistes bestaan vir toetrede tot die Orde van die Goue Oues. Dis nie vir sommer net kom vat nie. Dis amper soos die “learners” voor die uiteindelike toets vir die uitreiking van 'n rybewys.
Op die stoep van 'n Omaruru-hotel het vrind Charles Zandberg gesê om oud te word, is nie vir sissies nie. Hy't gemeen aftree is 'n huisie op Henties, 'n ou Land Rover en visvang.
Toe die klok met die laaste verjaarsdag lui, het dit ook nie meer vir hom so lekker gelyk nie.
“Dis ook maar . . . "
Charles het sy sin voltooi, want hy praat Afrikaans. Die kwinkslae word aangelas met goed soos die diepsand van die strand loop swaar en die nat branders laat jou bene pyn. Die son steek jou waar jy nie gesteek wil word nie.
Minder kras was Mike van der Meer op 'n stoepsittery by sy Daureb Isib-rusplek op Uis. Mike sê eintlik bestaan daar nie so iets soos aftree nie. Dis net 'n beroepsverandering. Daarom woel en woeker hy in die dorsland van Damaraland ver weg van die see met sy bote en sy hawens wat eens die vesting van sy nering was.
Ek laaik daai beroepsverandering waarvan Mike praat wanneer 'n grysheid jou in die oorblywende hare oorval. Want al kom die dag en datum het 'n drif om te werk nog nie gewyk nie.
Daar is wel 'n bewuswording, 'n dankbaarheid, wat soos 'n goue handdruk kom. Ook nie sonder 'n effense verwyt nie. Daar is vreugde vir wat jy in 'n loopbaan verrig het, maar ook effense verwyte oor hoekom jy nie by geleenthede anders opgetree het nie.
Jy is dankbaar vir die belastinggaarder wat nie meer so woelig is nie, maar sy plaasvervanger van die Reserwebank is erg in die vorm van die mediese fonds. Dit terwyl skete en pyne sonder uitnodiging as toeskouers opdaag. Daar is 'n blywende dankbaarheid vir mooi goed wat nog op jou pad gekom het, soos die mandjie wat Jan en Christell Joubert ongesiens by jou eertydse kantoor afgelewer het.
Nou eers 'n paar vrae waarop jy vir jou “learners” vir die toekenning van 'n Golden Oldie moet beantwoord.
Hoeveel treetjies is daar voor die poskantoor? Wat was die radio se voorspelling oor die dag se hoogste en laagste temperature? Maak jy 'n lysie van jou sakies voordat jy dorp toe gaan? Onthou jy om die lysie saam te vat? Groet jy jou vrinne nog op die naam of wonder jy wie dit nou eintlik is? Het jy die kodenommers van jou bankkaarte afgeskryf en gebêre? Waar? Jy moes onthou dat jy drie goed in die dorp moes doen? Wat was dit?
Bertie Botha van Henties vertel: Toe ons jonk was, het ons vrinne mekaar bedags in die drankwinkel gekry. Nou ontmoet ons in die apteek.
In eie kring spot my Bonnie soms. Sy sê op 'n uitstappie moet ek onthou wie ons is, sy sal onthou waar ons is.
Baie gewoontes het verander. Een daarvan is die winkel toe. Eensklaps ken jy die prysverskil tussen goed soos suiker, meel en brood op verskillende rakke. Jy koop nie meer ses Brötchen as daar net 'n behoefte aan twee is nie. Daar word nog gesoek na 'n winkel wat net twee eiers op 'n slag verkoop. Vroulief kla oor voordag se stortbad.
Haar een knie lol en sy kan nie eenbeentjie staan om die ander voet af te droog nie. Raad? Was net een been. Sy het geleer val sal jy val. Val jy wel, moet jy op die vloer kyk of daar nie iets anders is wat jy daar kan doen voordat jy opgehelp word nie.
Oom Dolf bly “with it”. Daarom dra hy kontaklense. Dié dag het hy 'n probleem. Hy dink hy het die twee lensies albei in dieselfde oog gesit. Daar word gebeur om die kettings te breek en om uiteindelik tot die Orde van die Goue Oues toegelaat te word.
Dalk is dit net 'n verandering in loopbaan.
“We're on our way to Goldway Bay."
Jy ook!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie