Stryd teen geslagsgeweld duur voort
Medscheme en One Economy Foundation werk saam
Enzo Amuele
Medscheme, in vennootskap met die One Economy Foundation, het op 12 November N$210 000 geskenk as deel van hulle korporatiewe en maatskaplike verantwoordelikheid in die stryd teen geslagsgeweld (GBV).
Die geleentheid het in Windhoek plaasgevind en fokus daarop om die stryd teen GBV in die land te ondersteun.
Me. Monica Geingos, Namibië se eerste dame, het tydens die geleentheid die multidimensionele karakter van geweld beklemtoon.
“Geweld is ’n multidimensionele verskynsel. Dit ontneem ons van ’n vrye en waardige lewe en die kwesbaarheid van slagoffers en oorlewendes moet ook in ag geneem word,” het Geingos gesê.
“Geweld kan seksueel en geslagsgebaseerd wees en dit belemmer die land se produktiwiteit, gesondheid en welstand wat weer die ontwikkeling van die land beïnvloed.”
Geingos het die skenking van Medscheme se raadslede, trustees en bestuurslede geprys.
Volgens mnr. Rudiger Saunderson, die besturende direkteur van Medscheme, is GBV steeds een van die mees kommerwekkende kwessies in die gemeenskap en een van die grootste skendings van menseregte.
Saunderson het gesê dit bly een van die misdade wat die minste vervolg word en die grootste en blywende impak op vrede en ontwikkeling het.
“Die geweld teen vroue en kinders kom teen ’n ongelooflike prys vir ons gemeenskap, land en samelewing se welstand, gesondheid, veiligheid, skoolprestasies, produktiwiteit, wetgewing en publieke programme en begrotings,” het Saunders gesê.
Me. Bertha Tobias het die GBV-gevalle van die afgelope paar jaar uitgewys, veral die moord van Shannon Wasserfall wat die hele land geruk het.
Tydens die geleentheid is die belangrikheid van samewerking tussen organisasies en die gemeenskap in die stryd teen GBV beklemtoon, met alle partye wat hulself tot die stryd verbind het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie