Stryd teen TB woed in //Karas voort
Konstruksiewerk aan TB-eenheid begin opnuut na 18 maande se stilstand
Konstruksiewerk het pas weer begin aan die tuberkulose-eenheid wat langs die Keetmanshoopse distrikhospitaal geleë is.
Bouwerk aan dié eenheid was veronderstel om reeds in Mei verlede jaar voltooi te gewees het, maar dit het in Februarie 2014 tot stilstand gekom weens ’n geskil tussen die kontrakteur en die raadgewende span. Gerugte was dat die tender wat in Desember 2012 aan die hoofkontrakteur, QE Construction CC, toegeken is, opgehef sou word.
Volgens die skakelbeampte van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Paulus, is die dispuut opgelos ná ondersoeke deur die ministerie en die ministerie van vervoer. Besonderhede oor wat die ondersoek opgelewer het en of oplossings gevind is, is egter nie verstrek nie.
Al het die kontrakteur intussen die groen lig gekry om met sy werk voort te gaan, word daar blykbaar steeds oor veranderinge in die kontrak onderhandel. Die vertraging het ook aansienlik bygedra tot addisionele koste van die eenheid, waarvan die aanvanklkke boukoste N$38 miljoen was.
Die verwagting is nou dat konstruksie in April 2016 voltooi sal wees en die hoop is dat die eenheid teen Junie volgende jaar ten volle operasioneel sal wees.
Intussen word tuberkulose pasiënte op die tweede vloer van die hospitaal behandel, waar hulle tot 50 beddens beset.
“Dit is nie die beste reëling nie, maar die risiko van infeksie is minder,” het die waarnemende hoof- mediese beampte van die //Karasstreek, mnr. Job Ndile, gesê.
“’n Afsonderlike eenheid vir TB-pasiënte is en was nog altyd noodsaaklik.”
Tuberkulose is ’n siekte wat deur bakterieë veroorsaak word wat meestal die longe affekteer en deur die lug versprei word. Dit kan egter ook deur die limfkliere en bloedstroom na ander organe versprei.
Die algemeenste simptome van TB is ’n langdurige hoes, koors, nagsweet en gewigsverlies.
As dit nie behandel word nie, kan dit dodelik wees.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat sowat ’n derde van die wêreld se bevolking die TB-bakterieë onder lede het, maar dat dit in meeste gevalle nie in ’n aktiewe siekte ontwikkel nie.
Volgens Ndile is dit op dorpe soos Keetmanshoop bykans onmoontlik om nie aan die siekte blootgestel te word nie.
“Tuberkulose is ’n siekte wat hand aan hand met armoede gaan,” sê hy.
Oorbevolking, stof, swak ventilasie, wanvoeding en tabak- en alkoholgebruik dra ook by tot ’n geskikte omgewing waarin die siekte kan ontwikkel.
“Sowat 10 persent van die mense wat met TB geïnfekteer is, ontwikkel die siekte binne ’n jaar. Vir die ander 90 persent keer die liggaam se immuniteitstelsel die infeksie,” sê Ndile.
Weens die aard van die bakterieë, gaan TB-infeksies gewoonlik gepaard met MIV/vigs.
“In hierdie streek sterf MIV-pasiënte weens tuberkulose,” het Ndile gesê.
Verlede jaar is 622 tuberkulose-gevalle in die //Karasstreek aangemeld, waarvan 42 persent met MIV-infeksies gepaardgegaan het. Hoewel TB-gevalle met 10 persent verminder het teenoor die vorige jaar, bly die streek nietemin ’n hoë risiko gebied veral in die lig dat die aantal MIV-infeksies in die streek – hoe gering ook al – toeneem.
Om beide TB en MIV te behandel, fokus gesondheidsbeamptes in die streek op bewustheidsveldtogte op voetsoolvlak, met klem op gemeenskapsgebaseerde uitreik-aksies en DOTS (Directly Observed Therapy Stations) waar persoonlik toegesien word dat TB-pasiënte hul medikasie neem soos voorgeskryf.
Omdat TB-behandeling oor minstens ses maande en tot so lank as 21 maande kan duur, speel DOTS ’n belangrike rol in die genesing van die siekte.
“Ons doel is nie om infeksie te verhoed nie, maar wel om die erns van die siekte te verminder,” het Ndile gesê.
Hoewel ’n nuwe TB-saal nie die voorkoms van die siekte in die streek sal verminder nie, sal dit wel vir pasiënte met die siekte ’n veilige omgewing vir behandeling bied. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie