Stryd teen wildmisdaad in 2019 suksesvol
Wildmisdadigers kom al hoe meer hul moses teë, ook in Namibiese howe.
Francoise Steynberg - Die ministeries van die omgewing, bosbou en toerisme en veiligheid en sekuriteit het verlede week hul wildmisdaadverslag van 2019 uitgereik.
Verlede jaar is 45 renosters gestroop teenoor 74 in 2018.
In 2019 is ook meer verdagtes (112) in verband met renosterverwante misdaad as in 2018 (84) in hegtenis geneem.
Die verslag is deur die Blue Rhino-taakspan onder leiding van komm. Barry de Klerk saamgestel.
Operasie Blue Rhino is in Julie 2018 van stapel gestuur.
Van die suksesverhale om wildmisdadigers vas te trek en te vonnis is:
IVOOR BEGRAWE
In Junie is ‘n Namibiese man in hegtenis geneem wat glo in die besit van 11 olifanttande van altesaam 219 kg was.
Hy het die olifanttande onder sy bed in die grond begrawe. Die ivoor kon dalk vir jare onder sy huis in die Zambezistreek begrawe gewees het.
“Dit dui aan dat misdadigers bereid is om smokkelware op te gaar totdat hulle ‘n geleentheid het om dit te verkoop, of meen genoeg tyd het verloop dat hulle veilig is,” sê De Klerk.
Die oorsprong van die olifanttande is nog nie duidelik nie.
HORINGDIEFSTAL OP OUTJO
De Klerk sê die ondersoek na die diefstal op Outjo, waar 33 renosterhorings uit ’n huis se kluis in Augustus gesteel is, het tot ’n ingewikkelde misdaadspoor gelei.
Die horings is van witrenosters van ’n private wildreservaat aangrensend aan die Etosha Nasionale Park, wat onthoring is om die renosters teen stropers te beskerm.
“Deur die gebruik van modene opsporing- en forensiese tegnologie, kon ondersoekbeamptes sewe verdagtes – almal Namibiërs – identifiseer en in hegtenis neem,” sê De Klerk.
Die groep verdagtes bestaan uit twee diewe, twee smokkelaars en drie renosterhoringhandelaars.
Drie van die verdagtes is ou misdadigers met vorige klagte teen hulle en hulle bly in aanhouding.
Die ander vier is op borgtog vrygelaat.
Nege van die horings kon na twee verskillende transaksies in Angola teruggespoor word, maar nie dié horings of die ander kon teruggevind word nie, volgens De Klerk.
Die ondersoek duur nog voort.
Hierdie saak was ook een van 2019 se uitdagings en het veral aangedui hoe spoedig horings uit Namibië gesmokkel word.
"Die koers tussen die beslaglegging op horings in vergelyking met die inhegtenisneming van renosterstropers bly laag. Soektogte by strategiese grensposte moet verbeter word om meer sukses te behaal," verduidelik De Klerk.
Hy sê beter aansporing vir verdagtes om horings uit te wys, kan ook doeltreffend wees.
INHEGTENISMENING VOOR STROPERY
De Klerk sê om stropers in hegtenis te neem voordat hulle daarin kan slaag om ‘n dier te stroop, is een van die beste en mees vervullende maniere om wildmisdaad te voorkom.
In 17 verskillende sake gedurende 2019 kon 69 verdagtes in hegtenis geneem word en aangekla word van die sameswering om ‘n renoster te stroop.
“Hierdie inhegtenisnemings het waarskynlik baie renosters se lewens gered. Die sameswering om ‘n renoster te stroop word met dieselfde erns hanteer as oortreders wat ‘n dier gestroop het,” verduidelik De Klerk.
Hy sê dié suksesse is te danke aan monitoring en inligting wat deur plaaslike gemeenskappe verskaf word wat nie stropery verduur nie en verdagte optredes aan die owerhede rapporteer.
VOORTDURENDE ONDERSOEKE
“In die saak van vier renosters wat op ‘n private wildreservaat in 2018 gestroop is, duur inhegtenisnemings voort met die laaste verdagte wat in Junie 2019 in hegtenis geneem is – ‘n jaar ná die voorval,” sê De Klerk.
In totaal is 16 Namibiërs – 14 mans en twee vroue –wat by dié saak betrokke was, in hegtenis geneem.
Hulle sluit stropers, sekuriteitswagte van die wildreservaat en ‘n doeanebeampte in.
“Dié saak benadruk die ingewikkeldheid van wildmisdaadsindikate en die belangrikheid van voortdurende ondersoeke en om bewysstukke teen verdagtes in te samel,” sê De Klerk.
CHINESE HORINGSMOKKELAARS
‘n Hoogtepunt van 2019 is die vier Chinese horingsmokkelaars wat hul appèl in die Windhoekse hoërhof in April 2019 verloor het.
Hulle is in 2014 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 14 renosterhorings in hul besit gevang.
Hulle is in September 2016 tot 14 jaar elk gevonnis, maar hulle het appèl aangeteken.
“’n Vorige saak van geldwassery is tydens hul appèl teen hulle aanhangig gemaak en hulle is elk tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit stuur ‘n waarskuwing aan ander misdadigers uit,” sê De Klerk.
In nog ’n klag wat in Januarie 2018 teen ’n 80-jarige Chinese burger aanhangig gemaak is, is hy in April 2019 tot ’n boete van N$156 000 of 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hy is in hegtenis geneem met een renosterhoring, 60 stukke ivoor, een luiperdvel, asook ‘n jagluiperdvel in sy besit.
Volgens De Klerk het die man die boete betaal en hy is vrygelaat.
SWAARDER STRAWWE VIR IETERMAGôSMOKKELAARS
Ietermagôs is die mees gesmokkelde wildspesie in Namibië en wêreldwyd. Daar is op 123 ietermagôs in 2019 beslag gelê. Sowat 60% beslagleggings is velle, volgens De Klerk.
“Die meeste wat lewend op beslag gelê is kon gerehabiliteer en vrygelaat word.”
De Klerk sê ietermagôsmokkelary het ontplof: "400 vermeende ietermagôstropers of -smokkelaars is oor die afgelope agt jaar in hegtenis geneem, waarvan 40% in 2019 - 33% meer as in 2018."
Hy sê die erns van ietermagôsmokkelary word ook deur regslui erken. Die saak van ‘n Namibiër wat in September 2019 ‘n ietermagôvel wou smokkel, is vinnig afgehandel.
Die smokkelaar is in November tot ’n boete van N$40 000 of drie jaar agter tralies gevonnis.
“Hy kon nie die boete betaal nie en is tronk toe gestuur.”
Volgens De Klerk is dit die hoogste vonnis wat nog ooit in Namibië vir ‘n misdaad verwant aan ietermagôs opgelê is. Geskikte vonnisse is belangrik om ietermagôsmokkelaars te ontmoedig.
IVOORSMOKKELARY IN KAZA
Namibië se noordoostelike streke is die hart van die
Kavango–Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza), tuiste van die grootste olifantbevolking ter wêreld.
“Dit lok natuurlik olifantstropers wat diere in al die Kaza-lidlande teiken. Ivoor word deur verskillende lande na die eindmarkte in Asië gesmokkel,” sê De Klerk.
“Verdagtes wat poog om ivoor in Namibië te smokkel word gereeld vasgetrek. Die inhegtenisneming en skuldigbevinding van ‘n burger van Botswana is ‘n goeie voorbeeld.
“Die bekende ivoorsmokkelaar is tydens ‘n klopjag in Maart vasgetrek. Alhoewel daar op die ivoor beslag gelê is, het die verdagte na sy tuisland gevlug.”
De Klerk sê volgehoue speurwerk het daartoe gelei dat die verdagte in Oktober in hegtenis geneem is.
Die verhoor is binne ’n kort tyd afgehandel en die ivoorsmokkelaar is tot ’n boete van N$100 000 of vier jaar tronkstraf gevonnis.
“Hy kon nie die boete betaal nie en is nou agter tralies,” sê De Klerk.
Dit is ’n uitdaging om die oorsprong van ivoor vas te stel.
"In 2019 is daar op 116 olifanttande en verskeie ivoorstukke in die land beslag gelê. Die beslagleggings verteenwoordig ten minste 58 gestroopte olifante (dit kan baie meer wees)."
De Klerk sê die oorsprong van die ivoor bly onseker.
"Na raming is slegs 12 olifante in 2019 in Namibië gestroop. Die ander olifante kon van Angola, Botswana, Zambië of Zimbabwe afkomstig wees.
"Misdadigers word gereeld in besit van ivoor in hegtenis geneem wanneer hulle van buurlande oor die grens kom. DNS-analise is duur en tydrowend, maar om stropery te verminder is dit belangrik om die oorsprong van ivoor vas te stel," verduidelik De Klerk.
OORGRENS-SAMEWERKING
Hy sê misdadigers werk oor internasionale grense om goedere of diere te teiken of smokkelware na potensiële markte te beweeg.
“Samewerking tussen wetstoepassers van buurlande is onmisbaar in die stryd teen wildmisdaad.”
Volgens De Klerk is daar goeie samewerking met Botswana en Zambië en dit word ook met bestemmingslande soos China en Viëtnam versterk.
WEERSTAAN VERSOEKINGS
Hy sê omkopery is ‘n belangrike aspek van wildmisdaad: “Omkoopgeld word gereeld aan parkpersoneel aangebied om inligting oor geteikende diere binne in die park te verskaf.”
Doeanebeamptes word weer omkoopgeld aangebied om goedere deur grense te smokkel.
“Ondersoekbeamptes word omgekoop om ondersoeke te laat vaar. Verskeie sake is in 2019 aangemeld waar misdadigers gepoog het om Namibiese ondersoekbeamptes om te koop.
“Die beamptes het dadelik die oortredings aangemeld en die verdagtes is met ‘n bykomende klag aangekla,” sê De Klerk.
“Dit is duidelik dat pogings tot omkopery misdadigers in groter moeilikheid kan bring,” waarsku De Klerk.
Meld enige wildmisdaad by 55 555 aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie