Stryd teen wildmisdaad kry N$92 miljoen
Die projek beoog om Namibië se pogings te versterk om mens-dier-konflik en wildmisdaad tot 2026 te voorkom en te bekamp.
Ellanie Smit
Terwyl onlangse statistieke aandui Namibië wen die stryd teen wildmisdaad en mens-dier-konflik, sal ’n projek van stapel gestuur word om hierdie pogings te versterk.
Dit volgens die uitvoerende direkteur van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila.
Hy het dit tydens die ondertekening van die projekdokument getiteld “Geïntegreerde benadering tot pro-aktiewe bestuur van mens-dier-konflik en wildmisdaad in brandpunt-landskappe in Namibië” gesê.
Die projek ter waarde van sowat N$92 miljoen beoog om Namibiê se pogings te versterk om mens-dier-konflik en wildmisdaad tot 2026 te voorkom en te bekamp.
Hy het gesê die idee van die projek het in 2018 ontstaan kort ná die sesde vergadering van die Global Environment Facility (GEF).
Volgens Nghitila strook hierdie projek met die regering se nasionale doelwitte, en voeg by dat Namibië se Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan mens-dier-konflik en wildmisdaad geïdentifiseer het as twee uitdagings vir die bewaring van wild wat bestuur en aanpassing vereis.
Hy sê gevalle van wildmisdaad, veral met betrekking tot olifante en renosters, het die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem.
Volgens die ministerie is 14 renosters reeds vanjaar gestroop. Dit sluit ses swartrenosters van Etosha en een onder die bewaringsprogram in, asook sewe witrenosters.
Ses-en-vyftig renosters is in 2014 gestroop. Dié getal het in 2015 tot 97 gestyg, en het in 2016 tot 66 gedaal en in 2017 tot 55.
In 2018 is 81 renosters gestroop, 54 in 2019 en 33 verlede jaar.
Dié jaar is daar dusver vyf olifante gestroop teenoor 12 in 2020. In 2014 toe stropery toegeneem het, is 78 olifante gestroop en 101 in 2016. Sedertdien is daar ’n afname in stropery met 50 in 2017, 27 in 2018 en 13 in 2019.
Nghitila het gesê statistieke van 2020-’21 toon ook ’n totale afname in mens-dier-konflikverwante skade, veral rakende die verlies van vee en skade aan gewaslande wat deur wilde diere veroorsaak word.
Onlangse statistieke wat deur die ministerie verskaf is, dui aan altesaam 10 mense is tydens die boekjaar 2020-’21 deur wilde diere doodgemaak en 42 is beseer, teenoor die vorige jaar se sewe en 37 onderskeidelik.
Die statistieke dui aan dat 1 486 gevalle van mens-dier-konflik gedurende dieselfde boekjaar aangemeld is, terwyl 1 284 sake ondersoek is.
Altesame 1 351 vee is ook deur wilde diere doodgemaak, terwyl die meeste bokke (571) en beeste (481) was.
’n Totaal van 844 hektaar gewasse is beskadig waarvan olifante 780 hektaar beskadig het.
Altesaam 1 577 sake van mens-dier-konflik is in 2019-’20 aangemeld, terwyl 1 398 sake ondersoek is.
In die boekjaar is 1 422 vee, insluitend beeste (701) en bokke (337) deur wilde diere doodgemaak.
Altesame 1 589 hektaar gewasse is beskadig waarvan olifante vir 1 485 verantwoordelik was.
“Dit is bemoedigend en ongetwyfeld die resultaat van verbeterde koördinasie tussen die verskillende belanghebbendes, maar ook as gevolg van gesamentlike en doelgerigte ingrypings wat onderneem word.”
Hy het egter gesê hulle is ook nie naïef nie en hulle weet daar is uitdagings wat wesentlik en dinamies bly en wat voortdurend ontwikkel.
Nghitila het gesê in die geval van mens-dier-konflik hou dit ook verband met klimaatsverandering.
Volgens hom vereis uitdagings soos hierdie ingrypings wat vernuwend, wetenskaplik en voorkomend is, sodat die oorsake van die uitdagings getakel kan word.
Hy het gesê die hoë voorkoms van armoede in landelike gebiede is ongelukkig steeds ’n oorsaak van mens-dier-konflik en wildmisdaad.
Die projek is dus gemik op ekonomiese voordele vir gemeenskappe uit natuurverwante ondernemings te genereer en die vermoëns van bewaringsgebiede, kommunale boere en regeringsinstansies te versterk om mens-dier-konflik doeltreffender te beplan, te bestuur en te monitor.
Dit sal ook op die kapasiteit van teenstropingseenhede en betrokke belanghebbendes fokus, en om op wetenskapsgebaseerde bestuur en monitering van populasies van hoërisiko-/hoëwaarde-spesies te versterk.
Hy het gesê hierdie projek sal Namibië onder die sambreel van die program “Global Partnership on Wildlife Conservation and Crime Prevention for Sustainable Development” bring, ook bekend as die Global Wildlife Program. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie