Strydkinders: Ombudsman na Ndilimani vir openbare verhoor
Strydkinders: Ombudsman na Ndilimani vir openbare verhoor

Strydkinders: Ombudsman na Ndilimani vir openbare verhoor

Ronelle Rademeyer
Die ombudsman, adv. John Walters, sal Woensdag op Ndilimani-plaas buite Windhoek 'n openbare verhoor hou en gesprekke voer met die nasate van die vryheidstryd wat op Ndilimani-plaas buite Windhoek gevestig is.
Dié nasate, of strydkinders, sal die geleentheid hê om soos hul verteenwoordigers al by verskeie vorige geleenthede gedoen het, hulle bekommernisse, uitdagings, ervarings en wense met die ombudsman en sy paneel verteenwoordigers te bespreek.
Die kantoor van die ombudsman sê in 'n verklaring dit is sodat Walters die kollektiewe siening van die groep oor kwessies en probleme kan kry.
Soortgelyke openbare verhore sal ook op Eenhana en Oshakati met strydkinders wat daar woon, gehou word. Die datums hiervoor sal binnekort bekend gemaak word.
'n Verslag met aanbevelings sal saamgestel word om aan relevante ministeries en openbare instellings voor te lê.
Woensdag se openbare verhoor begin om 09:00 en is oop vir die publiek.

Dié foto's deur Tanja Bause is op Ndilimani-plaas geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!